YOUTH TOURS BY TEMBA COLLEGE/TRAVEL

Tel 021 8550395    Fax 021 855 5764

THAILAND EN SINGAPOER APRIL 2015


As jy van toere hou wat jou van die een na die ander ''toerisme-trap'' neem moet jy liefs nie op 'n Temba toer gaan nie! Want sien, op 'n Temba-toer kook dit. Ons besoek plekke wat min ander besoek en doen inkopies op plekke waar die plaaslike inwoners hul inkopies doen.

Ons hang uit op die beste strande en huiwer nie om ons eie boot te huur as ons laataand wil partytjie hou nie. As jy 'n motorfiets wil huur dan doen jy dit. Niemand gaan eers vra of jy lisensie het nie en as jy die branders met 'n Jetski wil aandurf gaan niemand jou stop nie. Ons snuffel die romantieste plekke uit en skroom nie om dinge anders te doen nie.

As dit soos jou tipe toer klink kan jy gerus verder lees. Anders beter jy maar jou eie toertjie reël en jou ouma saamnooi...

Temba jeugtoere is nietemin 'n opvoedkundige uitstappie. Om dinge te geniet en om te leer is beslis nie teenstellings nie. Trouens ons glo dat leer, ervaar en geniet alles deel van presies dieselfde ervaring behoort te wees.

Hierdie toer gaan jou voorberei daarop om 'n voorsprong in die wêreld te hê. Jy gaan die wêreld waarin jy leef beter verstaan en jy gaan beter voorberei wees om die uitdagings te hanteer.

Temba College het 'n trotse tradisie in die opvoeding. Andries Erwee gaan die toerleier wees en sy visie en opvoedkundige paraktyke is wyd bekend. Hierdie toer sal net suksesvol wees as dit jou kan help om jou drome waar te maak.

As jy in April 2015 tussen 16 en 18 jaar oud is, is hierdie toer vir jou bedoel.