Temba Travel

STUDENTETOER 2021

20 Jul - 3 Aug 2021

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

Studentetoer 20 July - 3 August 2021

Na ‘n hele jaar van met jan-tuisbly-se-karretjie ry, beplan Temba Reise in 2021 ‘n Europa toer vir studente. Die karakter van die toer gaan tot ‘n groot mate ons Jiptoer karakter aanneem. Ons gaan saam kos maak en saam kuier en julle gaan die geleentheid hê om met groot vryheid Europa op jul eie te verken.   

 

Dit gaan heel waarskynlik die tyd van jou lewe wees. Wat gaan verskil van die jiptoer, is dat julle studente is, wat reeds 18 of ouer is. Julle gaan dus verantwoordelikheid vir jul eie lewens en besluite moet neem en ons gaan nie enige reëls hê wat nie in oorstemming is met doe landswette nie. Ons gaan julle aanmoedig om die beste van die geleentheid te maak en soveel as moontlik te sien en ervaar.

 

20 Jul

Ons ontmoet in Kaapstad by die lughawe en vlieg na Rome.

 

 

21 Jul - 23 Jul:

Ons gaan op ‘n stadstoer deur Rome. Hier is ongelooflik baie om te sien en te ervaar. Ons besoek die Spaansetrappe, Die Trevi-Fountain, Victor Emmanuel, die Romynseforum en die kolosseum.(Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

23 Jul

Vandag is ‘n vol dag. Ons gaan vroeg die Vatikaan besoek. Daarna vertrek ons na Sorrento. Oppad na Sorrento gaan ons Pompeii besoek. Pompeii is in 79 AD deur ‘n vulkaan vernietig en vandag is dit ‘n reuse argeologiese opgrawing. Na ons besoek aan Pompeii gaan ons na Sorrento. Hier kan julle heerlik ontspan in die Mediterreense see. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

24 Jul

Ons besoek Capri. Capri is ‘n towermooi eiland. Hier kan julle ‘n boot huur en om die Eiland vaar. Swem in die Mediterreense see en smul aan heerlike Italiaanse kos. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

25 Jul:  Ons slaap vanaad in Pisa. Jy kan die toring van Pisa besoek en 'n foto of twee neem.

 

26 Jul:

Italiё is volgende aan die beurt. Ons ry na Venisië die stad van gondels en kanale. Dalk besoek ons nog die romantiese balkon van Romeo en Juliet in Verona voordat ons by Venisië uitkom. Jy gaan op die mooiste paaie in die wêreld ry. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

27 Jul

 

 

Vaparetto of watertaxi na Venisië se ou stad. Hier neem ons jou op ‘n kort oriënteringstoer. Na die toer gaan jy die geleentheid hê om self in die klein strate van Venisië te wandel. Venisië is ‘n spesiale stad, want baie van die ou stad is steeds soos ‘n stad in die 15de eeu. Jy kan op ‘n romantiese vaart in ‘n gondel gaan. Of onderhandel met die handelaars op die Rialto-brug. Jy kan heerlik smul aan roomys of net die atmosfeer indrink. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

28 Jul

Vandag vertrek ons na Innsbruck in Oostenryk. Inssbruck ‘n stad in Oostenryk, waar die Winter-Olimpiese spele al twee maal aangebied is. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

29 Jul:  Vandag gaan ons sneeu soek en as daar genoeg sneeu is, gaan die wat wil, kan ski’s huur en die sneeu aandurf. Die wat veiliger voel op hulle voete kan heerlik in die berg sit en ontspan en in die sneeu speel, of jy kan die stad Innsbruck verken. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

30 Jul

Vandag vertek ons na Heidelberg. Heidelberg is ‘n regte studente dorp en huisves die oudste Universiteit in Duitsland.Oppad na Heidelberg besoek ons Neuschwansteinkasteel. Hierdie kasteel is deur die spandabelrige Duitse koning Lodewyk gebou. Hierdie is werklik ‘n sprokiesmooi kasteel. Dit lyk soos die kastele op die Disney-embleem. Jy kan met ‘n perdekar ry tot bo by die kasteel en langs die pad kan jy 'n egte Duitse pretzel eet. Ons ry dan verder tot by Innsbruck. Vanaand gaan ons ‘n kort oriënteringstoer in Heidelberg doen en daarna kan julle die Duitse studente lewe beleef. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

 

 

 

 

31 Jul:  Julle kan Heidelberg deur trap. ‘n Besoek aan die Heidelbergkasteel word aanbeveel en daar is die mooiste geboue en kerke wat julle kan besoek. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

1 Aug:  Ons vertrek na Amsterdam. Oppad besoek ons die Kaas en Klompefabriek. Hier kan jy genoeg kaas proe en sien hoe word egte Nederlandse Gouda gemaak. Van daar gaan ons na die vissersdorpie, Vollendam. Hier eet ons heerlike Nederlandse poffertjies. Julle kan hulle lekker seekos probeer of net rondloop in die winkeltjies. Na ons besoek aan Vollendam keer ons terug na ons verblyfplek in Amsterdam. Hier gaan jullle ‘n lekker aandete kry en daarna gaan ons op ‘n oriënteringstoer van Amsterdam. (Aandete ingesluit)

 

 

2 Aug

Jy kry 'n fiets vir die dag en jy kan Amsterdam op jou eie verken. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

3 Aug

Ons vlieg terug na Kaapstad.

 

 

 

Studentetoer 20 Jul - 3 Aug 2021

Na ‘n hele jaar van met jan-tuisbly-se-karretjie ry, beplan Temba Reise in 2021 ‘n Europa toer vir studente. Die karakter van die toer gaan tot ‘n groot mate ons Jiptoer karakter aanneem. Ons gaan saam kos maak en saam kuier en julle gaan die geleentheid hê om met groot vryheid Europa op jul eie te verken.   

 

Dit gaan heel waarskynlik die tyd van jou lewe wees. Wat gaan verskil van die jiptoer, is dat julle studente is, wat reeds 18 of ouer is. Julle gaan dus verantwoordelikheid vir jul eie lewens en besluite moet neem en ons gaan nie enige reëls hê wat nie in oorstemming is met doe landswette nie. Ons gaan julle aanmoedig om die beste van die geleentheid te maak en soveel as moontlik te sien en ervaar.

 

20 Jul:  Ons ontmoet in Kaapstad by die lughawe en vlieg na Rome.

 

 

21 Jul - 23 Jul:  Ons gaan op ‘n stadstoer deur Rome. Hier is ongelooflik baie om te sien en te ervaar. Ons besoek die Spaansetrappe, Die Trevi-Fountain, Victor Emmanuel, die Romynseforum en die kolosseum. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

 

23 Jul:  Vandag is ‘n vol dag. Ons gaan vroeg die Vatikaan besoek. Daarna vertrek ons na Sorrento. Oppad na Sorrento gaan ons Pompeii besoek. Pompeii is in 79 AD deur ‘n vulkaan vernietig en vandag is dit ‘n reuse argeologiese opgrawing. Na ons besoek aan Pompeii gaan ons na Sorrento. Hier kan julle heerlik ontspan in die Mediterreense see. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

 

24 Jul:  Ons besoek Capri. Capri is ‘n towermooi eiland. Hier kan julle ‘n boot huur en om die Eiland vaar. Swem in die Mediterreense see en smul aan heerlike Italiaanse kos. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

25 Jul:  Ons slaap vanaad in Pisa. Jy kan die toring van Pisa besoek en 'n foto of twee neem.

 

 

26 Jul:  Italiё is volgende aan die beurt. Ons ry na Venisië die stad van gondels en kanale. Dalk besoek ons nog die romantiese balkon van Romeo en Juliet in Verona voordat ons by Venisië uitkom. Jy gaan op die mooiste paaie in die wêreld ry. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

27 Jul:  Vaparetto of watertaxi na Venisië se ou stad. Hier neem ons jou op ‘n kort oriënteringstoer. Na die toer gaan jy die geleentheid hê om self in die klein strate van Venisië te wandel. Venisië is ‘n spesiale stad, want baie van die ou stad is steeds soos ‘n stad in die 15de eeu. Jy kan op ‘n romantiese vaart in ‘n gondel gaan. Of onderhandel met die handelaars op die Rialto-brug. Jy kan heerlik smul aan roomys of net die atmosfeer indrink. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

28 Jul:  Vandag vertrek ons na Innsbruck in Oostenryk. Inssbruck ‘n stad in Oostenryk, waar die Winter-Olimpiese spele al twee maal aangebied is. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

29 Jul:  Vandag gaan ons sneeu soek en as daar genoeg sneeu is, gaan die wat wil, kan ski’s huur en die sneeu aandurf. Die wat veiliger voel op hulle voete kan heerlik in die berg sit en ontspan en in die sneeu speel, of jy kan die stad Innsbruck verken. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

30 Jul:  Vandag vertek ons na Heidelberg. Heidelberg is ‘n regte studente dorp en huisves die oudste Universiteit in Duitsland.Oppad na Heidelberg besoek ons Neuschwansteinkasteel. Hierdie kasteel is deur die spandabelrige Duitse koning Lodewyk gebou. Hierdie is werklik ‘n sprokiesmooi kasteel. Dit lyk soos die kastele op die Disney-embleem. Jy kan met ‘n perdekar ry tot bo by die kasteel en langs die pad kan jy 'n egte Duitse pretzel eet. Ons ry dan verder tot by Innsbruck. Vanaand gaan ons ‘n kort oriënteringstoer in Heidelberg doen en daarna kan julle die Duitse studente lewe beleef. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

31 Jul:  Julle kan Heidelberg deur trap. ‘n Besoek aan die Heidelbergkasteel word aanbeveel en daar is die mooiste geboue en kerke wat julle kan besoek. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

1 Aug:  Ons vertrek na Amsterdam. Oppad besoek ons die Kaas en Klompefabriek. Hier kan jy genoeg kaas proe en sien hoe word egte Nederlandse Gouda gemaak. Van daar gaan ons na die vissersdorpie, Vollendam. Hier eet ons heerlike Nederlandse poffertjies. Julle kan hulle lekker seekos probeer of net rondloop in die winkeltjies. Na ons besoek aan Vollendam keer ons terug na ons verblyfplek in Amsterdam. Hier gaan jullle ‘n lekker aandete kry en daarna gaan ons op ‘n oriënteringstoer van Amsterdam. (Aandete ingesluit)

 

 

2 Aug:  Jy kry 'n fiets vir die dag en jy kan Amsterdam op jou eie verken. (Ontbyt en aandete ingesluit)

 

 

3 Aug:  Ons vlieg terug na Kaapstad.