Temba Travel


MEISIE VASBYT 2020

PROGRAM VIR MEISIE VASBYT 2020

BESPREEK NOU >>

Tel: +27 (0) 21 855 0395

Program vir die Meisie Vasbyt 2019

Vrydag 18 September Victoria Falls:Ons vertrek om 06:00 vanaf Kaapstad en om 10:45 vanaf Johannesburg Internasionale Lughawe na Victoria Falls in Zimbabwe waar ons om 12:20 sal arriveer. Die middag word gebruik om ons self voor te berei vir die groot avontuur wat wag.

Saterdag 19 Sept Victoria Falls: Victoria Waterval. Ons doen vandag bungy.

Sondag 20 Sept: Chobe Safari Lodge: Chobe Safari Lodge: Vandag pak ons die woeste waters van die Zambezi aan in een van die grootste avonture in Afrika. Gedurende Oktober is die water besonder sterk. Jy sal dus moet klou om te hou. Ons ry die middag na Kasane waar ons voorrade sal aankoop en oornag.

 

 

Maandag 21 Sept en Dinsdag 22 Sept Elephant Sands: Ons bly twee nagte by Elephant Sands. Hier sal ons altyd omring wees deur olifante terwyl ons ook ander wildediere sal sien en fyner veldkunsies sal aanleer.

Woensdag 23 September Nata Lodge: Ons bly by nata Lodge en geniet die oorvloedige voëllewe. Hiervandaan besoek ons ook die Makgadigadipanne.

 


Donderdag 24 en Vrydag 25 Sept Kubu Eiland: - Ons gaan na Kubu Eiland in die Makgadigadi panne: Die eiland is in werklikheid ’n ‘eiland” van reuse- kremetartbome wat omring is deur lae bossies en reuse- soutpanne. Dit is ’n onwerklike mooi gebied.


Ons gaan ons fisiese program hier afsluit. Dit sluit onder andere die gevreesde roetemars in. Die roetemars is vir baie die belangrikste deel van die Vasbyt.

 

 

Saterdag 26 September Khama Rhino Sanctuary: Ons bly ons laaste aand in Botswana by Khama Rhino Sanctuary in huisies wat spesiaal vir jongmense gebou is. Hier gaan ons beslis renosters sien, maar hoogs waarskynlik ook heelwat ander wild en voëls.

 

 

Sondag 27 Sept Klein Kariba : Ons ry tot by Klein Kariba waar ons laaste aand van die toer gaan afsluit. Klein Kariba is ’n paradys naby Bela-Bela in die Limpopo provinsie.

Maandag 28 Sept Huiswaarts: Ons kom om 17:00 by die huis aan.