Temba Travel


KALAHARI VASBYT MEISIES 2023

6 -19 December 2023

BESPREEK NOU >> VIR MANNE


“Temba Kollege is trots op ons uitstaande verhouding met talle skole. Geen skool is egter betrokke by enige van ons projekte nie en geen skool aanvaar verantwoordelikheid vir ons projekte nie.”

Tel: +27 (0) 21 855 0395

Kalahari Vasbyt vir meisies.

Temba Kollege streef na die beste verhouding met ons skole, maar geen skool is betrokke by die reëlings nie en geen skool aanvaar enige verantwoordelik vir die toer nie, al het jy ook by die skool van die toer gehoor.

Ons aanvaar dat julle teen 5 Desember klaar sal wees met eksamen. Dan doen ons die Kalahari-Vasbyt van 6 tot 19 Desember 2023. Boonop het ons die program byna dramaties opgradeer. Julle beleef nou al die hoogtepunt wat die seuns beleef en waar daar ook storte is. Ons kom betyds terug vir die lekkerste en langste see-vakansie. As ons nader aan die tyd sou vind dat die datum met mense se eksamen bots, sal ons aanpas.

Die program is bedoel vir graad 10 en 11 meisies alleenlik.

Die Kalahari-Vasbyt is nie 'n oorlewings kamp nie. Jy kry uitstekende kos, wat daarop gemik is om jou optimaal te laat presteer. Dit is 'n fisiese en emosioneel moeilike leierskap kursus.

 

 

INLEIDING

Sedert 1987 maak die Kalahari-Vasbyt n verskil in jongmanne se lewens. In 2014 was die eerste Vasbyt vir meisies 'n reuse sukses. Sederdien gaan de meisies van krag tot krag.

Soos die seuns se kursus is die Okavango Vasbyt ook fisies en geestelik moeilik. Die wetenskaplike basis waarop dit aangebied word verseker dat jy dissipline leer en fiks word sonder om verneder te word. Trouens dit gaan waarskynlik die lekkerste vakansie van jou lewe wees. Daar sal niks van jou gevra word wat die toerleiers nie ook bereid is om te doen nie.

Die Okavango Vasbyt verskil van die manne se Kalahari-Vasbyt in die sin dat ons besef dat water belangrik is vir meisies. Ons streef dus daarna om sover moontlik in kampe met goeie geriewe te bly. Meisies is dalk effens minder daarop ingestel om hulself fisies te bewys en wil beslis nie merke hê in hul gesigte ens nie. Die vereistes word aangepas om by die meisies te pas. Dit sal egter vir die gemiddelde meisie net so moeilik wees soos wat die Kalahari-Vasbyt vir die seuns is.

Die Okavango Vasbyt is 'n gesubsidieerde kursus. Fondse word deursigtig hanteer en alle gelde wat jy betaal (en die van ons borge) word tot die toerlede se voordeel aangewend. Ons glo dat jong dames wat daarvan droom om 'n verskil in die wêreld te maak, eenvoudig die kursus moet doen. Dit gaan jou 'n besliste voorsprong in die lewe gee wat moeilik deur ander ingehaal sal kan word.

Deur vir hierdie avontuur in te skryf, verbind jy jouself daartoe om hard te werk en 'n groot sukses daarvan te maak. As jy nie belangstel nie, is jy welkom om by die huis te bly. As jy egter wil saam kom sal jy ter alle tye ten volle moet saamwerk en die standaard is hoog. Ons wil in alles onder die 1000 beste in die wêreld wees. As jy 'n kar moet was, is die vraag nie of dit skoon is nie, die vraag is of ons 1000 tieners sou kry wat dit beter kon doen? As die antwoord ‘ja’ is, is jy nog nie goed genoeg nie! Dit geld vir algemene kennis, fiksheid, leierskap en alles wat ons doen.

 

 

Die toer is vol aangename verassings. Tog is dit ook belangrik om daarop te let dat jy fiks terug gaan kom. Boonop sal daar van jou verwag word om die aangehegte beginsels te onderskryf.

Op hierdie toer rook en drink ons nie en dit geld ook vir my. Ons kry saam swaar en ons speel saam, al kry dié wat ouer is as 40, so ʼn bietjie afslag tydens PT. Wat julle eet en drink, eet en drink ons. As daar koeldrank is kry die volwassenes slegs as daar oorbly en as ons eet, eet die volwassenes laaste. As ons ʼn luukse vir ons gun, maak ons seker dat julle ook daarin deel. Dit is die gees van die Meisie-Vasbyt en dit is ons enigste belofte aan jou.

As jy ʼn meisie met karakter is wat avontuur wil beleef, lang ente wil bestuur in die veld, die omgewing wil leer ken en wil uitstyg bo die gemiddelde, is hierdie kursus waarskynlik net waarvoor jy gewag het.