PROGRAM 2011 |
Geborg deur Pepsi |
|
|---|---|---|
Ons vertrek vanjaar op 1 Januarie 2011 vanaf Johannesburg lughawe. As jy betyds inskryf en jou vliegkaartjie betyds koop gaan dit net R900 kos. Daar moet nooit vergeet word dat die Kalahari Vasbyt nie 'n toeriste uitstappie is nie. Dit is 'n strawwe kurses waarin jy baie lewensvaardighede opdoen. Ons streef daarna om die perfekte plekke te kies wat as dekor kan dien waarin die dinge gebeur. |
|---|
|
|---|
3 Jan - Woodlands 4x4: Vandag steek ons die grens na Botswana oor. Ons ry deur dorpe soos Selebi-Pikwe en Francistown. Ons oornag langs 'n droeë rivierloop in 'n pragtige kampplek. Ons kry die eerste geleentheid om die natuur werklik van naderby te verken terwyl ons ook nog nie afskeid neem van luukses soos swembaddens en warm storte nie. |
![]() |
||
|---|---|---|---|
|
|||
6 Jan - Victoriawaterval: Met adrenalien wat nog borrel na gister se ervaring begin ons sommer die dag met opwinding. Tydens die Vasbyt raak jy van jou fobies ontslae en vroegdag gaan jy die 110 m reksprong aandurf. Bloukrans mag die hoogste sprong wees, maar hier by Victoria Falls is dit soveel beter. Die nou kloof, borrelende water en die dou van die waterval dra alles by om die reksprong hier onvergeetlik te maak. 7 Jan - Victoriawaterval na Maduma: Ons besoek eers die slangpark in Kasane waar ons die gedeelte van die kursus oor reptiele behandel. Later steek ons die grens na Namibië oor en ry deur Katima Mulilo na ons volgende bestemming. |
![]() |
|---|
7 Jan - Maduma: Ons bly op die oewers van die Kwandorivier. Die Kwandorivier is in ‘n ongerepte deel van die Caprivi en ons kampplek is prentjie mooi. Die Groot 5 is volop, maar daar is geen mense om die rustigheid te steur nie. 8 Jan - Maduma: Ons bly vir ‘n heeldag in die park waar ons wildritte en staptogte onderneem. |
|---|
9 en 10 Jan - Popawaterval: Die waterval in die Okavangorivier is weinig meer as stroomversnellings, maar dit is in 'n pragtige omgewing met 'n baie mooi kampplek. Ons het die plek in 2008 vir die eerste keer ingesluit in die program. Die meeste was dit eens dat twee nagte hier ideaal is. Dit gee ons genoeg geleentheid om die grootste gedeelte van die veldkennis wat deel van die kursus is, af te handel terwyl ons ook die water van die rivier in veiligheid sal kan geniet. |
|---|
11 Jan - Nguma Eiland: Die Okavango Delta is regtig een van die mooiste plekke op aarde en Nguma Eiland een van die mooiste plekke aan die oewers van die Delta. Ons gaan visvang en 'n bootrit in die Okavango onderneem en sodoende die Westelike deel van die Okavango Delta leer ken. Dit is nie die deel waar dit wemel van olifante en leeus nie, maar die groottes sal ons elders op die toer ontmoet. |
||
|---|---|---|
![]() |
12 Jan - Iewers: Ons ry deur Ghanzi tot naby die Sentraal Kalahari Nasionale Park. Ons bly ‘n nag in die veld tussen iewers en nêrens. Ons kamp waar ons 'n mooi plek kry. Sodoende verbeter ons, ons veldkunsies voordat ons die werklike wildernis aanpak. Vanaand slaap ons onder die sterre. Dit is hier waar ons die kennis van die hemelliggame nou werklik gaan begin waardeer. |
|---|
![]() |
13 Jan - Piper Pan: Ons eerste dag in die grootste Nasionale Park in die Sentraal Kalahari het aangebreek. Ongetwyfeld bereik ons hier die hoogtepunt van ons kursus. Dit is ook hier waar jy waarskynlik die naaste aan wildediere sal kom. Nie net fisies nie, maar hier gaan jy agterkom wat dit beteken om in harmonie met die Skepper en die skepping te leef. Derduisende vlaktediere trek vanaf laat Desember tot April in Deception Valley saam en hul word gevolg deur groot troppe leeus en ander predatore. Saans staan jy wag terwyl jou maats slaap. So bou ons vertroue in mekaar en ervaar ons die natuur. |
|---|