ANDER FOTO'S |
|
Dit is hoeveel dae nadat Jaco teruggekom het van 2012 se Vasbyt en die stories en staaltjies is nog steeds volop in die huis. Die foto’s en video’s is finominaal om na te kyk. Die manne in ons huis is jagters en die bokfoto’s was beslis oor en oor gekyk. Ek het natuurlik vasgesteek by daardie “reksprong” video..... Sjoe, soos Jaco gese het, dit het gevoel of sy hol by sy fondament uitruk, maar hy sal dit weer doen.......Dit was vir Jaco ‘n absolute onvergeetlike ervaring. Ons wil vir Andries bedank vir al sy beplanning, organisering, insette en tyd wat hy in hierdie vasbyt ingesit het. Nie net tydens die vasbyt nie, maar ook nadat Jaco al by die huis was. Die oproepe en die sms’e. Die absolute besorgdheid en belangstelling. Jaco het die vasbyt so geniet en so baie dinge geleer, tot hoe om brood te bak. Moet nie eers praat van al die nuwe “broers” wat hy ontmoet het nie. Geen geld ter aarde kan hier koop wat jy vir ons seuns gedoen en beteken het nie. Jy en die res van jou span was soos pa’s vir ons seuns. Daar is baie aande wat ek gaan slaap het, dan wonder ek waar is my kind,wat doen hy nou en het ek maar net my oë opgeslaan na die Here en gesê, ek weet hy is veilig.
Dankie Andries dat jy daardie ekstra myl met ons kinders geloop het om van ieder en elk, man te maak. Andries ons wil so baie se, maar daar is net eenvoudig nie genoeg woorde vir ons waardering vir jou en jou span nie.
Opregte dank!
Groete Frans, Sandra & Jaco Odendaal |
 |
.JPG) |
More Oom,
Ek weet oom het gese oom lees nie lang eposse nie, so ek sal vinnig wees.
BAIE dankie vir die onvergeetlike tyd wat ek weereens saam met oom op die Vasbyt kon he. Selfs met die werk wat diekant opgehoop het, sal ek die tyd vir niks verruil nie.
Ek besef daars finansiele terugslae met die Vasbyt, maar die impak wat oom met hierdie toer op die manne se lewens (en op myne) maak is van onskatbare waarde.
Weereens baie dankie vir die geleentheid,
Allan Norton
072 1544 032
Allan jy was beslis 'n steunpillaar. Alan het die Vasbyt in 2001 gedoen en het daarna twee keur as helper of instrukteur op getree. Alan is beslis 'n verpersoonliking waarvoor die Kalahari Vasbyt staan. Dankie ook aan Maritza wat jou vir ons geleen het.
Andries
|
 |
Hallo Andries
Twintig 12 se vasbyt sal seker nog lank gepraat, bespreek en “oor en oor” ervaar word in ons huis. Aanvanklik was ek as ouer bietjie skepties oor die bosvakansie van die klomp jong seuns. Nou besef ek net, dit was seker die vakansie waarvan elke jong seun net van kan droom. ‘n Voorreg wat jy vir ons kinders moontlik maak.
Daarvoor Andries, ek wil jou regtig bedank vir die tyd, organisering en beplanning wat jy hierin sit om dit werklik so ‘n onvergeetlike ervaring vir die seuns te maak. Ek dink die meeste ( as ek so na Jan luister) is die persoonlike aandag wat jy aan elkeen gee op die trip en dit wat jy met hul deel, wat hul nog baie lank met hul gaan saam dra. Werklik ‘n baie groot onbaatsugtige daad wat jy hier verrig en ja, geld kan dit nie koop nie. So ja weereens baie dankie hiervoor, dit wat jy van jouself gee vir ons seuns.
Vir Jan om op die toer te kon gaan moes hy eers 4 weke werklik op die plaas werk, so hy moes sy September en ‘n deel van die Desember vakansie werk. Dit is maar ons reel hier dat die kinders elke Desember vakansie werk met groen druiwe tyd, so kweek hul ‘n liefde en ‘n verstaan wat werklik op die plaas aangaan in ons druk tyd. Die liefde gaan meer dat hul leer ken dan werklik die mense wat hier bly en werk op die plaas en so word verhoudinge maar ook gebou vir die toekoms.
Jan kom toe met die storie dat hy kan glad nie verstaan dat hy moet werk om op die toer te gaan, so graag wou hy dit ervaar, terwyl ander seuns op die toer moet gaan as “straf” seker nou agv die fisiese swaar kry wat hul verwag het, want blykbaar is dit hoe party dit gesien het. As ek hul nou so luister sal nie een van hulle dit wil verruil vir niks nie, wat nog te dink dit was ‘n straf. ‘n Onvergeetlik ervaring. Wat ‘n voorreg en jy het dit vir hul moontlik gemaak.
So weereens baie dankie, ek en my vrou sal graag met jou wil praat oor hoe jy Jan ervaar het op die toer in vreemde en soms moeilike omstandighede en veral met die uitdagings wat aan hom/hulle gestel is. So asb laat weet wanneer jy tyd het, ons kan Kaap toe ook kom, ons hoor jy was gisteraand daar by hulle in die Paarl.
Nogmaals baie dankie vir die inset wat jy in ons kind se lewe gedoen het. Sterkte en Seën vir jou ook met die toekoms en dit wat jy nog vir ander seuns gaan doen. Jy moet nie ophou nie hoor !!!!! Dit is nie sommer enigeen wat die gawe ontvang nie, jy het dit, hou aan om dit te leef.
Hoor graag van jou en dat ons jou ook behoorlik kan ontmoet en dan sommer saam ‘n koffie of tee kan drink.
Groetnis
Chris en Carin Rabie
Om te sê dat dit lekker was om Jan op die Kalahari Vasbyt te hê is 'n "Under statement". Hy het werklik met sy opgwekte persoonlikheid 'n reuse bydrae gelewer om 2012 heel besonders te maak.
Dankie vir jul besondere brief. Dit beteken regtig baie.
Andries
|

|
 |
.JPG) |
 |
.JPG)
|
Hallo Andries
Baie dankie vir die terugvoer. Hoop nie Francois het jou te veel moeilikheid gegee nie, maar hy het die vasbyt verskriklik geniet en ek dink dit het hom baie goed gedoen om bietjie van die swaar van verlede jaar te vergeet. Jy kan die geld enige tyd maar hou. Moet asseblief nie teruggee nie. BAie dankie vir al jou moeite met die seuns. Ek is so bly dat ek die voorreg gehad het om my seuns op die vasbyt te stuur. Ons het ook `n hele paar ander seuns aangemoedig om te gaan omdat dit vir Dirk verlede jaar so baie beteken het. Albei my kinders sal natuurlik weer wil gaan --- so hulle het dit baie geniet. EK sal wanneer Francois huistoe kom vir hom vra om vir jou `n terugvoerbriefie te stuur.
Nogmaals dankie
Groete
Adele
|
Francois (links bo) was 'n wonderlike aanwins. Hy is fisies en geestelik sterk. Tog is 'n teer en het baie vir ons beteken met sy getuie. Ook met die feit dat hy ons gevra het om vir hom te bid. Mag die toekoms vir jou en jul gesin net groot vreugde inhou.
Andries |
Hallo Andries
Kalahari 2012 was beslis 'n groot sukses! Ons as ouers waardeer geweldig baie wat jy vir die seuns beteken en opoffer. Dit is nou my 2de ervaring en ek kan net met groot lof getuig van wat dit vir my seuns beteken het. Johan het die kursus baie geniet. Hy het baie geleer - op verskillende terreine. Hy is baie lief vir die veld en kamp en stap is vir hom 2de natuur. Ek glo dus dat dit vir hom 'n hoogtepunt van sy lewe was. Hy het selfs Roetemars geniet, al was dit die taaiste. Johan se ervaring in die Zambesi was minder aangenaam en ek moet sê vir ons wat ver was en net op 'n sms gehoor het Johan het amper verdrink, was dit op daardie stadium moeilik. Gelukkig het ook dit vir hom 'n baie diep geestelike belewenis geraak. Ons glo werklik dat net deur God se direkte ingryping was, dat hy gered is. Die Here het beslis 'n doel met sy lewe!
Christiaan het ook as leier baie lewenslesse geleer. Die verantwoordelikheid wat jy aan hom gegee het, was beslis nog 'n stap in sy lewe na volwassenheid. Ek dink dit is soms harder om 'n leier te wees as om die kursus te doen! Hy het goed gedoen wat hy nie andersins sou doen nie en moes leer om verantwoordelikheid te neem vir ander mense. Dit was ook wonderlik om te hoor van die ervarings wat die 2 broers saam kon deurmaak, veral ook op geestelike vlak. Dankie vir die geestelike insette wat jy in die seumns se lewens maak.
Oor 5 jaar is daar nog 2 blignautjies wat die toer wil mee maak. Hoop jy sien dan nog kans vir hierdie uitputtende vakansie!
Groetnis
Pieter en Trudie Blignaut
Oom Andries
Ek is jammer dat ek nou eers vir oom iets terug stuur, maar matriek is besiger as wat ek gedink het! Aan die ander kant is daar nooit verskonings om laat te wees nie.
Ek het die vasbyt ongelooflik baie geniet. Dit was, is en sal altyd vir my 'n ongelooflike ervaring wees. Ek weet ek was stillerig by tye, maar ek is 'n introvert en die Here het vir my baie gegee om oor te dink na die white water rafting. Ek het nooit vir oom presies vertel wat gebeur het nie. Ek en Lood was onder die water ingetrek net nadat ons boot omgeval het. Ons albei het toe 'n entjie verder weer by die water uitgepop en dit was regtig nie so erg nie. Ek dink dit was juis soos die Here dit vir my beplan het want ek is lief vir gevaarlike sporte soos rotsklim, grotkruip en in die berge invoeter, maar soms begin ek dink ek is 'invincible' en besef ek nie die teenwoordigheid van die Here wat my beskerm nie. Net daarna word ek toe vir 'n tweede keer in die water ingetrek. Dit het pik donker geword maar ek het nie gepanic nie. Dit begin toe stadig lig word, maar net voor ek my kop bo die water uitsteek raak dit weer donker. Ek het in die tyd twee maal tot by tien op my stadigste moontlik in sulke omstandighede getel. Ek het toe besef dat dit die einde is en daar het baie gedagtes deur my kop geflits oor my lewe en my ouers en familie en wat van die vasbyt gaan word as ek dit nie maak nie. Ek het geruk soos ek water sluk en het stadig begin om my bewussyn te verloor. Daarna kan ek onthou hoe die water in my longe in loop en ek 'n snaakse sensasie in my longe voel. Intussen was daar die heeltyd 'n prent van 'n man wat daar ver langs die water op 'n rots sit in my gedagtes. Die man was net soos enige van ons met 'n lifejacket aan en ek dink hy het 'n groen hemp aan gehad. Toe dit voel asof ek my bewussyn verloor raak dit weer lig en die volgende oomblik was ek weer bo die water en langs die rots wat ek in my gedagtes gesien het. Ek het op die rots geklim wat perfek plat is en 'n klomp water uitgeoes. Daarna het 'n gids op 'n kano my gekry en teruggeneem na my boot. My gids wou nie luister na wat met my gebeur het ni en het op my geskree omdat ek wal toe geswem het! Ek blameer hom nie nou meer nie want ek weet hy was seker gespanne toe hy besef iemand is weg en is seker gewoond aan 'n klomp amerikaanse toeriste wat oordryf en reels breek. Dit voel vir my asof die Here dit so bestem het dat ek moes oorleef en ook heeltemal sonder enige probleme daarvan afkom. Dit is weereen 'n bewys dat dit die Here was wat iets hiermee probeer duidelik maak! Ek het my storie al vir 'n paar mense vertel en dit het 'n groot effek op mense. Die Here het vir my gese dat dit nie gebeur het om my op te bou nie maar ook ander. Lees Psalm 40:3-4. Onder die water het ek besef dat ek nie altyd voluit leef nie. Ek gaan dit verander en my eerste doelwit is om sewe onderskeidings te kry en nie weer tevrede te wees met 79 persent soos laasjaar nie!
Baie dankie vir 'n ongooflike tyd en 'n ongelooflike voorbeeld wat oom vir my stel. Ek kan so baie sê oor oom se uitkyk oor die lewe en manier om ander op te bou en glo in hulself. Dir was vir my van onskatbare waarde en ek sien uit om oom weer te sien.
Johan Blignaut
|
.JPG) |
 |
Baie dankie vir Johan se teenwoordigheid. Sy stilte en diepte het vir ons baie beteken. Christiaan se bydrae was fenominaal. Ek is ook nie verbaas dat hy agter gekom het dat die veel moeiliker is om 'n leiere te wees as om 'n kursusganger nie. As jy 'n Vasbyt leier wil wees moet jy ook 'n masogis wees. Anders maak jy dit nie.
Andries |
.JPG) |
 |
Beste Andries en die hele leierskapspan
Baie dankie vir die wondelike Vasbyt-ervaring wat hierdie jong manne kon meemaak. Ons is so dankbaar dat Christiaan deel kon wees van hierdie wonderlike ervaring. Met die ontmoeting by die lughawe verlede Woensdag kon ons reeds sien dat hy 'n gelukkige, tevrede (moeg ook) aura rondom hom het en te oordeel aan al die gesels terug koshuis toe was ons verseker dat hierdie Vasbyt 'n reuse sukses was! Die naweek se vertellings het dit net weereens bevestig.
Ons is seker daarvan dat Christiaan die insette van Vasbyt 2012 vir die res van sy lewe met hom sal saamdra. Hy het broers bygekry! Nogmaals dankie vir al jou harde werk en mag daar nog vele Vasbyte wees!
Groete
Freddie en Annette |
 |
Beste Christiaan, Freddie en Annette. Die Kalahari Vasbyt het mense soos Christiaan nodig. Sy kalmte het vir my geweldig baie beteken. Ek bewonder jou ou grote en is ewig dankbaar dat ek jou leer ken het.
Andries |
Andries
Jammer ek skryf nou eers die briefie.My hardeskyf het gegroet en ek het nou my nuwe rekenaar gekry.Ek en anton wil net vir julle baie baie dankie sê vir die ongelooflike tyd wat Rickus saam met julle kon deurbring.Dit wat julle doen het Ewigheidswaarde.Hy het dit baie geniet en 'n ander kind teruggekom.Dit wat julle inbou in die vorming van ons kinders is kosbaar en baie spesiaal.Dankie vir elkeen se insette harde werk en opofferings om dit vir ons kinders moontlik te maak.Dra asb ons dank en waardering oor aan die ander leiers.Hulle is baie spesiaal en ek kan sien met die hand uitgekies
Die kamp laat my dink aan "The Dash". Kalahari Vasbyt was deel van Rickus se "Dash" en hy sal dit altyd in sy gedagte kan koester as spesiaal en kosbaar.
Seën en vrede op die wonderlike werk wat jy doen in God se koninkryk! Mag dit vir jou ook soveel beteken soos vir die kinders
ANTON & MAGDA BOTHMA
VIVO LIMPOPO |
 |
 |
Rickus was 'n wonderlike aanwins. Nie lief vir bome nie en ook nie vir PT nie, maar beslis 'n onbreekbare wil om te wen. Geluk dat jy die Vasbyt geslaag het.
Andries |
Oom Andries
Soos ek terugdink aan die laaste 18 dae besef ek weereens watter voorreg dit was om deel te wees van 2012 se Vasbytgroep.
Ek was al op baie jeug avontuurkampe, maar die Vasbyt bied iets uniek, wat 'n
mens nêrens anders kan ervaar nie. Dit is ongelooflik om te sien hoe 'n klomp
individue saamkom as 'n groep. Jy begin die toer as 'n vreemdeling, maar eindig as 'n broer.
Dankie vir al Oom se geduld, veral as ons ouens droogmaak. Elke Vasbyter kan geweldig baie by Oom leer.
Oom is altyd die laaste om te eet, selfs al is daar nie meer kos nie, die laaste om te gaan slaap, die eerste om
gevaar tegemoet te gaan en die eerste om opofferings te maak.
Die persoonlike tyd en moeite wat Oom in elke seun insit is iets besonders en die kennis en ervaringe
wat Oom deel beteken baie.
Dankie vir Oom se gewilligheid om tyd op te offer om in die lewens van jongmanne te bou. Dankie vir die
geleenthede wat Oom aan ons gee om ons vermoëns tot die uiterste toe te toets, sonder om enigiets terug
te hou.
Al die grappies, swaarkry, laatnagkampvure en broederskap is dinge wat ek vir die res van my lewe sal onthou en koester.
Vasbyrgroete
Josua Roux |
 |
 |
Ouboet jy was een van die kleinste ouens, maar beslis ook die groot reus op Vasbyt 2012. As ek of die Vasbyt iets vir jou beteken het, moet jy weet dat jy soveel meer vir ons beteken het. Jy is 'n vyfster vriend. Ek hoop dat jy en Koos dalk eendag saam as leiers sal saamgaan.
Andries |
Beste Mnr. Erwee
Baie dankie vir 'n onvergeetlike toer vir Ivan! Hy kan nie uitgepraat raak van al sy wedervaringe nie!
Hy het as 'n man teruggekom... binne 3 weke het hy baie volwasse geraak! Baie dankie
vir u ongelooflike insette! Die vasbyt sal hom vir die res van sy lewe bybly en hy sal nooit
vergeet waartoe hy in staat is nie. Ivan het soveel respek en bewondering vir u!
Hy het gevra dat ek hierdie briefie aan u stuur namens hom om baie baie dankie te sê.
Ons hoop om in die toekoms ons ander seun ook op die vasbyt te stuur.
Alles wat mooi is vir u vir die jaar wat voorlê.
Baie groete
René, Karl & Ivan Jansen van Rensburg
Ivan is 'n stil ou, maar hy was 'n rots op die Kalahari Vasbyt. Ek weet dat Ivan nog groot hoogtes sal bereik.
Andries
|
.JPG) |
Goeie Môre
Ek is seker u word teen hierdie tyd oorval van ouers se dankie sê briefies om te vertel wat hierdie Vasbyt van 2012 vir elkeen van ons se seuns beteken het.
Ook dan hiermee ons woord van dank vir alles wat u gedoen en opgeoffer het om dit 'n ongelooflike tyd vir ons seuns te maak. James-John het reeds van graad 8 af vir ons gesmeek of hy kan gaan op die Vasbyt en hierdie jaar was dit sy beurt. Ek dink die wag was die moeite werd vir
hom. My eerste sms van James-John die aand uit Bela Bela het gelui - "
Maak klaar herinneringe .... klomp broers al klaar ... 1ste pt verby, hare af, geswem in die warm water, lekker geëeet. Baie dankie dat ek hier mag wees. " Dis toe wat ek met gemoedsrus gaan slaap het en geweet het my seun sal reg wees.
Daarna het die smse baie minder geword en baie korter. Ek het my
heeltyd getroos dat geen nuus goeie nuus is. Ek weet net die grootste
berg wat James-John moes oor was die bungee en hy was bitter erg gestres
nog voordat hy hier vertrek het. Ons het Woensdagaand om die tafel
gesit en sy vertellings het nog nie verder as die bungee gevorder nie.
Ons het ons ingeleef in hoe bang hy was en hoe erg dit vir hom was, maar wat 'n ondervinding! Alles wat hy vertel begin met die woorde - dit was great - of eindig met - een van my beste dae ooit. Lyk my daar was net niks wat nie vir hom lekker was nie.
Die sms wat ons Maandagaand gekry het sê hy - ons slaap vanaand in beddens. Môre eet ons pizza en kfc - ek moes lag en ook toe besef hoe goed wat elke dag vanselfsprekend aanvaar word soos 'n bed daardie aand
'n luukse is wat hy waardeer. Ek het ook begin ontspan en geweet hy
het die roetemars oorleef.
Ongelukkig was ons tydjie saam met James-John Woensdagaand net te kort
en is hy Donderdagoggend 5vm weer terug koshuis toe. Hy het telkemale
in sy gesprek met ons Woensdagaand herhaal watter groot respek hy vir u het.
Nogmaals dankie - ons is opreg dankbaar en ek glo James-John gaan soveel kinders by sy skool inspireer dat julle vir die volgende paar jaar vol geboek gaan wees van Hoërskool Stellenbosch se seuns.
Groete
James en Carina Matthee
Malmesbury |
.JPG) |
 |
 |
James-John is beslis een van my helde. Sy syfer vaardighede is fenominaal, maar die hele pakket is afgerond en getuig daarvan dat hy 'n wenner is. Hy is net mooi goed in alles. Boonop het hy 'n baie aangename persoonlikheid.
Sy skool, gemeenskap, maar veral sy gesin behoort besonder trots op hom te wees.
Andries
|
Hello Oom,
I would like to thank you for making me part of your vision to make leaders for South Africa, It was and still is a great privilege to help invest in the lives of Nation Changers, every single one has a purpose in life and can be seen so clearly!
Thank you for all the effort you did and for all the time you put into the Vasbyt. You sow what you reap, and you will surly reap men that are beyond the normal.
If you ever need any help with anything please don't hesitate to call and ask.
All the best with your family and with your businesses, May God bless you and enjoy your new year 2012.
Sterkte met alles...
David Francois Rabie |
 |
David we thank you for your contribution. In particular with the Bible study and prayers. Christiaan (right on the photo) and you have done a great job with the PT.
The Kalahri Vasbyt is not for sissies. This saying is even more true for the leaders.
Andries |
| |
|
|