Hallo oom Andries.
Hierdie eerste skoolweek was verbasend lekker, nie omdat ek n dag laat begin het nie, of omdat ek genoeg kos en vars water kry nie, of omdat ek skoon, droe klere het nie, maar omdat die Vasbyt my voorberei het vir enige iets. Sodra ek dink aan toetse en eksamens wat die jaar voorle en ek voel mismoedig, dink ek aan die vasbyt en tel ek my seeninge dat geen toets, eksamen of ditensie so erg kan wees soos oom Ters se sadistiese PT!
Hierdie jaar het ek my eie kamer in die koshuis en ek kan ongesteurd dink oor die beste 3 weke van my lewe. Alles wat ek op die Vasbyt geleer het kan ek prakties toepas op my lewe, al is ek nie meer in die Kalahari nie. Daar is soveel dinge wat die Vasbyt my geleer het waarvoor ek kan dankie se, dat ek nie weet waar om te begin nie.
Ek begin maar by oom Andries. Oom het my geleer dat tweede plek is nie n opsie vir Vasbyters nie omdat ons almal wenners is! My ma se altyd vir my dat ek hoef nie die heeltyd te wen nie, maar oom het my geleer dat n mens se wil om te wen is n baie belangrike ding in die lewe, en ek wil oom bedank vir hierdie waardevolle les.
Aan oom Ters. Oom het my geleer bid (nie net tydens oom se PT nie) maar ook in opregte geloof. Die Bybel studie in die oggend het my geestelik so versterk dat ek nou, na die vasbyt op die Here kan vertrou om my deur enige iets te dra.
Aan Con die maganiese genius. Con jou kennis oor masjiene inspireer my, om my doelwit om n Meganiese Ingenieur te word te bereik. Jou toespraak oor kulturele intelligensie laat my besef dat as ons meer mense soos jy in ons land gehad het, sou dit n baie beter plek wees.
Stephan die spier tier. Jy het my laat besef dat dit gaan nie altyd oor hoe hard jy werk nie maar oor hoe slim jy werk. En ook dat om vriendelik en diplomaties met ander mense te wees, kan jou ver bring.
Aan Laurie en Louis. Julle ouens was n groot hulp vir ons en vir beter leiers kon ons nie vra nie. Alhoewel julle jonk is, het julle almal se respek verdien en om leiers te wees vir iets soos die Vasbyt is n yslike verantwoordelikheid wat julle fantasties hanteer het.
Aan al die 2011 Vasbyt manne wat nou my broers is, wil ek se baie dankie dat julle my so gou deel van julle laat voel het, al was ek die enigste ou van Durban en n engelse skool. Julle is almal legends wat ek nooit sal vergeet nie!
Julle mede-vasbyter
Johan Smit |