IEWERS

Die Kalahari Vasbyt is geen gewone toer nie. Ons slaap soms net waar ons kom en dit kan beteken dat ons nat word. Die belonging van buite slaap is ongelooflik groot. Ons geniet die sterre en die mooiste sonsopkoms. Hier kamp ons net suid van die Kuke grens.