Kalahari Vasbyt...Attie kom daarmee huistoe. Pa verstaan dadelik en ma trap
water. Gelukkig was die manne sterk genoeg om my uit te stem.
Steeds vol voorbehoud gaan laai ons hom op `n mistige oggend af. Ek put
ongelooflik baie uit die gebed wat gedoen is voor hulle in hulle oranje
lorrie klim. My kop is vol vrae oor die man wat met my seun in die boendoe
in gaan. Ek het nie inligting nie...maar iets sê vir my dit is goed...laat
hom gaan. Praat van "bungy jumping" vir ouers!
Die SMS'e kom deur soos die lang dae verbygaan. Soos `n refrein sê dit elke
keer: "Dit is baaja lekker' in SMS-taal. Amper 3 weke later gaan haal ons
hom by die lughawe. Sy oë is anders. Hy is anders. Tydens die gesels kom dit
uit: "Die PT is maar 20%, die res gaan oor menswees". Ek hoor dit in my kind
se stem.
My kind loop regop en sy oë is volwasse. Geen ouer kan dit miskyk nie.
Erwee, dankie dat die rykdom wat jy in die lewe bymekaar gemaak het, nou ook
met my kind gedeel is. Ons sal baie graag met jou wou kuier en ook baie
graag terugvoer van jou wou kry.
Ek hoop jy hoor ons harte... dankie.
Abré en Magriet Oberholster