POPA FALLS KAVANGO NAMIBIA |
|||||
Die Kalahari-Vasbyt gaan nie net oor oefening en leer nie. Ons wil bitter graag 'n bydrae maak om die lande waarin ons opereer en hul mense te bevoordeel. By Popa Valle het ons lekker sokker gespeel en maats gemaak met die plaaslike mense en in Victoria Falls kon ons 'n hele klompie baie leë mae help vul. Orals het die manne vriende gemaak en danksy Pepsi en Ceres Beverages se bydraes kon ons ook 'n luuksheid aan die nuwe vriende verskaf waaraan hul beslis nie gewoond is nie. In Victoria Falls het ons onder andere 11 mense genooi om saam met ons aan ons uitstekende kos te eet. Die steak, aartappels en slaai het 'n groot verskil aan hul dag gemaak. Ons kon niks aan die miljoene honger mense doen nie, maar dit was nietemin baie bevredigend om 'n verskil aan die enkeles te kon maak. Vir my was die hoogtepunt van 2009 se Vasbyt dat ek nie 'n enklele rassistiese opmerking gehoor het nie. Hierdie wit Afrikane is deur en deur burgers van Afrika waarop die kontinent trots behoort te wees. Jammer Mnr Mbeki kon nie 'n dag saam met ons deurbring nie. Dit sou beslis sy visie van 'n Afrika Renaissance 'n hupstoot gegee het. (A. Erwee) |
|||||
|
|||||