MUDUMA NATIONAL PARK

Muduma Nasionale Park in die Caprivi is enige jongman se droom. Ons was alleen in die park. Die ouens het die natuur geniet en bitter vuil geword. Party van die manne het net vir etes en vir die foto's 'n onderbroek gedra of wanneer die oom gevra het dat alle slingers uit die koffie gehou moes word. Die jongmanne het nie alleen tussen die wild en in die natuur geleef nie, maar inderdaad deel van die natuur geword.

Wessel Botes was duidelik 'n groot gees onder die leiers. Andries Rossouw, Durr Steenkamp en kleinboet Kobus Viljoen het die pas aangegee. Niemand kon twyfel dat daar nog baie plek vir gesondende tiener pret in ons Vasbyters se lewens is nie.

Tog jammer dat Andreas Slabber (ons Griekse Leier) 'n harde PT sessie beplan het. Dit het darem baie gehelp op die roetemars wat 'n paar dae later sou volg.