 |
Mnr. Alewyn Kriel van die Hoërskool Grabouw
Wat `n wonderlike voorreg om deel te kon wees van die 2007 Kalahari
Vasbyt ! !As waarnemer het ek net weer besef watter absolute wenresep dit
is om op hierdie wyse vir die jongmense in so `n kort tydjie so `n klomp
vaardighede by te leer en sommiges weer net op te skerp.Noem maar op:
koskook, voertuigonderhoud en bestuur, algemene kennis en kennis van die
natuur,godsdienstige en algemene waardes en norme,
selfevaluering, spanwerk, uithouvermoë, klaarkom met dit wat jy tot jou
beskikking het,higiëne,konflikhantering en vele ander dinge is alles deel van
die vasbytpakkie om uiteindelik die wenner te wees wat jy kan wees.
Die Vasbyt bly die geleentheid wat `n jongmens wat kan, nie durf misloop
nie omdat dit hom in `n groot mate toerus en voorberei vir die eise wat op
skool en na skool op hom wag.
Mag 2008 se Vasbyttoer spoedig vol bespreek wees.
Groete
Alewyn
|
 |
- Mnr. Barry de Vos van Hoërskool De Wilgers in Pretoria.
Dankie vir ‘n besonderse geleentheid wat ons kon meemaak. Wil jou gelukwens met ‘n unieke situasie wat jy vir die seuns skep. Graag lewer ek kommentaar en aanbevelings op enkele aspekte wat ons kon beleef en beskou:
Klimaatskepping
- Die vooraf gesprekke met die seuns per e-pos skep ‘n afwagting en opgewondenheid. Die gereeldheid daarvan is strategies goed aangewend.
- 3 state
- Enige jong man se droom. Die kontras van die verskillende biome is bemarkbaar.
- Transvaal is die 4e staat vir die kolonianers.
- Temas
- Opvoedkundig puik en goed gebalanseerd.
- Die aanbieder is kostelik en geniet dit wat hy doen. Sy entoesiasme is aansteeklik.
|
 |
Mnr. Basjan Reinhardt van die Hoërskool Paarl Gimnasium. Jy kan nie dat net 21 ouens dit ervaar nie. Dit moet moontlik gemaak word vir 1000 de om dit te ervaar. |
 |
Ek is gevra om jou, namens die skoolhoofde wat hierdie pragtige ondervinding saam met 'n groepie seuns kon deel, van harte te bedank vir die rol wat jy speel om leiers vir ons pragtige land te kweek.
In my 36 jaar as onderwysman (waarvan 18 jaar as hoof) kon ek dit ervaar hoe kinders wragtig in 'n kwessie van 16 dae in totalitiet ten goede verander het. Soos Sebastian (hoof van Paarl Gimnasium) tereg opgemerk het is die Vasbyt al plek waar verskillende rassegroepe bymekaar gekry word, wat deur saam swaarkry, saam opwinding beleef, bande smee wat onherroeplik sal bly staan. Ek wens jy kan die regering 'n bietjie onderhande neem om te wys hoe vertroue, samewerking en respek aangekweek word!
Ons voel dat jy besig is om 'n nuwe volkskultuur te skep. Hierdie vasbytkursus moet Nasionaal bemark en aangewend word.
Mnr. Lucas Viljoen van die Universiteit van Pretoria.
|
 |
Mnr. Jan Greyling |
 |
Mnr. Kobus van Wyk van die Hoërlandbouskool Oakdale . Dit was 'n geestelike ervaring en dit was moeilik om weer skool toe te gaan. |
 |
Mnr. Cobus van Coller van die Hoërlandbouskool Boland |
 |
Mnr. Richard Visagie van die Hoër Jongenskool Paarl :
Ek wil ek net persoonlik baie dankie
se vir die vooreg om op die Vasbyt te kon gaan. Dit was vir my die hoogtepunt
van my vakansie ervarings en ek het al baie gehad.
Die feit dat jy die reëls aangepas het is baie goed en dat die hele groep
verantwoordeliheid vir mekaar neem.
Die kursus sal nooit sy status verloor nie. DIT IS AL TE GOED
GEVESTIG. Opvoedkundig is dit regverdigbaar dat die groep sorg vir die hele
groep. Ek
glo dat hierdie Vasbyt van krag tot krag sal gaan. Ons sal graag vir jou n
geleendheid wil gee om die hele skool weer te kom toespreek.
Boishaai Groete
Richard Visagie
|
 |
Mnr. Vic |
 |
Mnr. Zis Ferreira van die Hoërlandbouskool Marlow op Cradock, Ek het de Vasbyt met my seuns bespreek en hulle was baie beindruk. Ek was ook beindruk. Gaa voort julle maak 'n groot verskil aan die mkinders se lewens |
 |
Mnr. James Genis van die Hoër Jongenskool Paarl. "Buiten wonderlike ervarings in en van die natuur, lê die waarde van die toer vir my in die vestiging van nuwe vriendskappe, die verdere uitbouing en die besef van 'n mens se afhanklikheid van God en dat ons vir alles in ons lewens soveel dankbaarder moet wees". |
 |
Mnr. Frans van Niekerk van Paul Roos Gimnasium.
Hier gaan dit dol. Ek kan egter nie langer uitstel om jou persoonlik van
harte te bedank vir 'n ekskursie van 'n leeftyd nie. Die waarde van die
belewenis kan nie in geld bereken word nie. Die besonderse mense wat ek
ontmoet het en die geestelike verdieping wat ek ervaar het sal my lewe
lank by my bly.
Gods rykste seen vir 2007.
Frans van Niekerk
|