Koot Prinsloo

 

 

 

 

 

 

Koot is vanjaar onderhoofseun van die HLS Marlow, buite Cradock. Tydens die Kalahari Vasbyt het Koot homself onderskei as 'n leier wat nie huiwer om self hard te werk nie. As daar een ou is, vir wie jy jou meisie vir 'n aand kan leen is dit vir hom. Hy is eenvoudig te lief en toegewyd aan 'n dame van Jeffreysbaai, om enigsins deur iemand ander verlei te word.

Koot se pa is 'n tandarts op Queenstown, maar hy en Koot boer ook saam in die distrik met beeste.

Koot speel vir sy skool se eerste span senter en het sy provinsie reeds op die atletiekbaan verteenwoordig.

Koot het baie verlang tydens die toer en het soos almal swaar gekry op die roetemars. Hy het nie alleen deurgedruk nie, maar baie moeite gedoen om alles op video vas te lê. Sel Nr 084 4652610

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 
Koot sê "Dit was baie erg, maar oor en oor die moeite werd. Ek is trots om te sê dat ek 'n Vasbyter is. Dit het my regtig goed gedoen. Wat oom doen verander lewens. Dankie daarvoor"
 

NA GALLERY

TUISBLAD