FERRY 2011

Die treinreis vanaf London na die Ferry was 'n bietjie chaoties. Die trein was laat, oorvol en bitter warm. Die grootste vyand was egter die nuwe groot sakke wat Temba vir ons gegee het. Of miskien nog beter gestel die feit dat ons dit vol gepak het. in die toekoms sal daar beslis ernstig hieroor gedink moet word. Die sakke het ons self en al die ander mense op die treine verontrief.

Ons het nietemin veilig by die hawe aangekom en die oornag ferry was groot pret. Die trein reis vanaf Hoek van Holland via Rotterdam na Amsterdam is meestal slapende afgelê .

Die oom bly maar baie snaaks. Hy wil ons net nie glo as ons hom vertel dat ons snags genoeg slaap nie... Hy sal seker eendag leer.