LONDON 2011

Ons eerste vol dag op die toer het duidelik nog die tekens gedra van die lang vlug en die lang nag daarna. Die weer was so goed soos dit kan kom.

Ons het by Trafalgar Plein weggespring, Daarna die Change of Guards by Buckingham Paleis gesien voordat ons fotos geneem het by die Westminister Abbey, Big Ben, Tower Bridge en die Tower of London.

Ons sien baie uit na ons besoek aan Madam Tussauds, The Royal mews en The Tower of London, wat vir môre geskeduleer is.

Ons het vanjaar baie sentraal by Piccadilly Circus gebly. Vandaar het ons Londen, met hoofsaaklik, moltreine deurreis.

Op ons laaste dag in Londen het elkeen sy eie ding gedoen. Party het die Royal Mews by Buckingham Palace besoek en ander weer Harods, The Tower of London, die wetenskap museum of sommer 'n kombinasie van die plekke.Daar was eenvoudig nie genoeg tyd om alles te sien wat ons wou nie.

Ons het nietemin tyd gemaak om skouer te skuur met die bkendes by Madam Tussauds

Gelukkig het die weer perfek saam gespeel en was dit selfs effens warm, In die laatmiddag was temperature glo byna 30 grade Celcius.

Ag nee.. Die beeld wil nie vlieg nie.

 

Eet hom voor hy jou eet!