Europe Jip Tour Facebook

GENOA EN PISA 2011

Ons het in Genoa of ook genoem Genova in Italie aangekom. Dit is die grootste hawestad in die middelandse see. Ons het met 'n baster voertuig hierheen gereis. Iewers tussen 'n hysbak en 'n trein.Die uitsig is uit 'n ander wêreld hier van ons hostel.

Ons het eers slegte kos geëet en toe boonop toets geskryf.Die meeste het ywerig deel geneem en Willem Pilot en Anjalise Broodryk het hierdie rondte gewen. Die vrae was

  1. Parys se hoofstraat se naam is.
  2. Waar in Parys sal jy die Soucre Coure soek.
  3. Wie het die koninklikes bty Versailles opgepas.
  4. Noem ‘n lidland van die Europese unie wat nie die Euro as geld eenheid gebruik nie.
  5. Waar is die VN se Europese hoofstad.
  6. Is mnr Nicolaas Sarkozy Frankryk se staatshoof, regeringshoof, albei of nie een van die twee nie. (6)

Die volgende is ‘n keuse vraag. Jy beantoord net  A of B.

A:  Noem moontlike redes waarom mense liewers handelsmerk produkte  sal koop as wat hul bv Woolworth klere  koop. Om punte te kry sal jy jou antwooord baie goed moet motiveer. As jy se die gehalte is beter sal jy dit moet motiveer en bewys.  Bv. Levi gebruik .05 mikron katoen en Woolworth .01 Polyester.  (94)


B. Hypotese:  Die Europese Unie (EU) beplan om Griekeland binne te val en bates te neem om hul skuld te delg. Die Grieke dui aan dat hul die stap met wapen geweld sal teenstaan.  Die EU bevestig dat die inval slegs met die goedkeuring van die VN sal plaasvind. In die VN stem slegs Italie, Suid Afrika en die Verenigde Koninkryk teen die voorstel en Amerika bly buite stemming. Hoe sal die gebeure die prys van die JIP toer in 2012 beinvloed en hoe sal dit die vermoee om inkopies te doen beinvloed.  Sal die situasie verander as enige van die genoemde lande hul stem sou verander?  Indien ja, hoe sal dit verander?  Punte sal net toegeken word vir logiese motivering.  (94)

Ons het by Pisa gestop, waar ons foto's geneem het en natuurlik weereens "geshop" het voordat ons verder na Floraans gereis het.