AMSTERDAM 2011

Vanjaar se groep is 'n baie spesiale groep. Die feit dat dit dan ook beslis een van die heel beste toere ooit is, is te danke aan die wonderlike samewerking van hierdie besondere groep.

Die weer het verander en dit het selfs lekker gereën terwyl ons hier was. Die feit dat dit heelwat koeler was as voorheen was 'n groot voordeel. Na die warm dae in Londen het ons die koeler weer baie geniet.

Ons het eers Vollendam en daarna die Rijksmuseum besoek. Na aandete het ons op 'n begeleide toer deur Amsterdam gestap.Selfs die bekende rooilig gebied is nie oorgeslaan nie.

Die res van die tyd was ons vry en het ons Amstedam op ons eie verken. Party het fietse gehuur en ander het die kanale per boot verken. Die meeste het egter deur die strate gewandel en natuurlik inkopies gedoen.

I'm sure we won't forget our time in Amsterdam. We walked through the red-light district and saw what all the fuss was about,some of us went to the Heineken factory to experience the art of beer-making and we went to the beautiful town of Vollendam. Here we ate some tradisional food like raw Harings and Poffertjies. After a long day we bonded at the campsite and did our washing without any help from our mom's. Amsterdam was definitely a success!

- Gert and Retha.