Ons eerste dag in Parys was uit 'n ander wêreld. Die weer was perfek en die gees in die stad so goed soos wat dit ooit kan wees. Ons groep is verseker een van die bestes ooit. Die feit dat hul die toerleier oorompel en in die fonteine gegooi het sal hulle vergewe word. Of dalk 'n witleuntjie deur die toerleier.
Die tweede dag was net beter. Ons het Versailles besoek, was op die Eiffel toring en het ook daar piekniek gehou en nog baie ander dinge gedoen wat ma, pa of die oom liiewer nie van moet weet nie.