LUCERNE 10

 

Nog nooit was ons besoek aan Lucerne in Switserland naastenby so lekker nie. In die eerste plek is hierdie 'n uitstekende groep wat die beste uit elke dag haal. In die tweede plek was die weer perfek en laastens was ons in Lucern tydens die bekende Lucerne fees. Dit is 'n jaarlikse gebeurtenis en sluit alles wat jy by 'n fees kan verwag in. Net in oormaat.

Ons het Pilatus besoek en die tweede aand fondua gemaak. Almal wil net in Lucern kom woon. Baie praat van aftree, maar vir die groep sal di eers moet wag.

Vanwee die skurke in Duitsland wat ons van ons bus beroof het, moes ons toe aanpassings maak. Bakker het uitstekende diens verskaf, maar ongelukkig het hul bus 4 sitplekke minder gehad as wat nodig is. Vier moes dus per tein ry. Dit was elke keer 'n groot ervaring. Die foto's onder vertel die storie.