MONACO & GENOA 10

Hier is fotos van Manocco en onderweg na Genoa. Die scam waarmee ons die eerste dag gevang is, die kloning van kaarte en 'n onverantwoordelike fout deur ons toerleier het byna drama veroorsaak. Die jongmense het alles geniet, maar vir die toerleier was dit 'n lang dag.

Die geesdrif is egter elke dag hoog en ons sien vreeslik uit na die land Van Pizza en pasta.

Genoa was beslis die mooiste plek wat ons op die toer besoek het volgens ons toerleier. Dalk stem almal nie saam nie en dalk was dit te rustig, maar almal was eens dat die uitsig en die hele besoek daar onbeskryflik mooi was.

(Ek was moeg en kwaad vir myself en het skoon vergeet om foto's te neem. Andries Erwee)

Sanna, geliefde Sanna, waarom is jy nie ook hier nie! Toemaar ons meisies ken van netjies wees. Die uitsig in Genoa was verseker mooier as ons kamers.