AMSTERDAM 10

Ons het baie uitgesien na die besoek aan Amsterdam en was ook nie teleurgesteld nie. Eers het ons Vollendam besoek en later die rooillig gebied. Die tweede dag het ons die Risjmusseum besoek waarna ons af was. Dit is veral tydens hierdie af tye wat ons die stad regtig leer ken.

Regtig oom. Ek slaap genoeg en is glad nie moeg nie!
   
Ons besoek aan Amsterdam het met 'n bitter smaak in die mond geiendig. 'n Maatskappy met die naam Eurocoach het ons blatant bedrieg en ons van 'n enorme bedrag geld beroof. Ons het derhalwe baie laat van Amsterdam vertrek, maar die geesdrif op die toer is geensins bederf nie. Baie dankie aan Bakker Travel and Touringcars wat ons uitgehelp het. Die jongmense en hul ouers was ook baie behulpsaam. Die insident het ons vasbeslote gemaak om hierdie die beste toer ooit te maak.