ROME 09

Watter dag! Volgens ons program moes ons om 13:00 vanaf Venisië na Rome vertrek. Eers was daar die goeie nuus dat ons vroeër kon vertrek en toe verloor die toerleier ons treinkaartjies.

Ons vroeë trein is weg sonder ons en ons moes, maar geduldig wag vir die oorspronklike trein.

In Rome het ons eers Circus Maximo besoek voordat ons na ons baie gerieflike verblyf vertrek het, waar die meeste redelik vroeg bed toe is. Ons het gehoor dat ons gaan môre baie loop en wil gereed wees daarvoor.

Op dag twee het ons ver gestap en plekke soos die Trevi Fonteine, Spaanse Trappe en die Pantheon besoek. Foto's is ook geneem by die Victor Emanuel monument en die Colloseum.

My Namaqauland se vriende sou oor ons toer se. "Dit smaak my ons maak nou klaar." Ons het die oom en mekaar so nou en dan besmart, maar oor die algemeen het ons mekaar en die toer baie geniet. Vandag het ons die Vatikaan besoek en begin afskeid neem van Europa.

Ons het ons toer in Rome afgesluit en is op pad terug. Die Tembane is besig om Rome vanaand mak te maak voordat die langvlug en die nuwe skoolkwartaal aangepak word.