PARIS 09

Ons het vanaf Amsterdam na Parys met die blitsvinnige Thalys trein gery en Mont Marte en die Eifel toring besoek voordat ons na ons verblyf plek is.
Ons het Parys plat geloop, baie gesien, baie gemoan en lank geparty. Die Louvre, Champs Elysee en die Arc de triomf is besoek.

"Oom regtig, ek slaap genoeg en is glad nie moeg nie... "

Ons het drie nagte in Parys gebly en byna alles besoek. Sommige het Euro Disney verkies en ander was na Versailes. Die meeste het egter verkies om Parys te verken. Onder is foto's op die Arc de Triomf, ons vingerete by die eifeltoring en sommige net orals oor in hierdie romantiese stad.