Opinions of tour members June and July 09

After the tour we publish photo's and opinions of our tour members. We put the letters and/or SMS's as we receive it. If you don't want it to be published please inform us.
Beste Oom Andries
 
Ek wil oom graag bedank vir 'n ongelooflike tyd in Europa!  Dit het werklik my verwagtinge oortref en ek sal elke oomblik koester en nooit vergeet nie.  Oom het my regtig baie van die lewe geleer en my na ongelooflike plekke geneem, dankie!
 
Weer terug in die normale roetine kan ek nie ophou dink aan al die wonderlike vriende wat ek gemaak het nie, ek sal hulle definitief nooit vergeet nie.  So ook al die verskillende lande wat elkeen iets unieks opgelewer het sal vir ewig by my bly. Dit was die vakansie van my lewe!

Tembaan 2009 - Christiaan Niemand

Hi Christiaan. Dit was lekker tye in Venisië en in die res van Europa. Ek hoop jou ouers besef hoe bevoorreg hul is om so 'n seun te hê. Hulle moet jou baie mis as jy in die koshuis is!

Halo oom
ek wil net weereens baie dankie se vir 'n ongelooflike toer! ek mis al klaar die lekker kos en al oom se interessante stories. ek het baie geleer en hope goeie ervaringe gekoester. ek sal die toer beslis sterk aanbeveel. oom en die res van die temba span se moeite en relings word opreg waardeer. alle sterkte vir oom in die toekoms en ek hoop dat oom nog baie van hierdie unieke toere kan aanbied.
vriendelike groete:
berno de villiers 

Berno ons het almal van jou geleer. Miskien meer korrek almal wat wou leer het van jou geleer. 'n Man wat elke oomblik van die toer benut het en wat waarskynlik finansiël sterker word op die toer, terwyl die res van ons geld uitgee is inderdaad 'n wenner. Ek hou jou vordering met groot belangstelling dop. Andries

Beste Andries en ander Tembaleiers

Wat 'n wonderlike voorreg om Ilsé weer tuis te hê na 'n heerlike vakansie vol opwinding en nuwe lewenservarings. Ons wag nog vir een woord van haar om die toer te beskryf, maar lyk my dis maar moeilik, al wat ons hoor is mooi!, lekker!, heerlik!, fantasties!, ongelooglik!, super!, tembane!
Graag wil ons jou bedank dat sy hierdie onvergeetlike ervarings saam met iemand soos jy kon deel; 'n persoon wat die lewe leef,maak nie saak wat oor jou pad kom nie,dit was vir haar van onskatbare waarde.
Baie dankie vir die vooraf reëlings van die toer wat so duidelik aan ons deurgegee is en vir die "webtoer" wat ons plaaslik saam met jul kon beleef.
Sterkte vir jou en jou span wat hierdie geleendheid vir ons kinders moonlik maak.
Groete
Marius en Elaine Louw
Beste Ilse
Ek dink ons almal verlang na jou. Mag die jaar buitengewoon geseën wees. Jy was wonderlik op dietoer en ek glo orals anders. Andries

Hallo Andries
Jy is absoluut een in 'n miljoen om na 3 weke na so 'n klomp "stout" en soet kinders te kan verlang!!! BAIE DANKIE vir alles en NOG wat jy vir Merise (regs op foto) gedoen en leer het sy sal dit nooit in haar lewe vergeet nie!! Ons tweede meisiekind is reeds bespreek vir 2010 se toer saam met jou! Baie voorspoed met jou gesondheid en weereens baie dankie!!!
Boeta en Theana Beck

Dit is regtig moeilik om toe te voeg aan so 'n afgeronde meisie. Dankie dat ons haar saam kon hê. Ek sien uit om haar suster te leer ken..Andries

Beste Andries
 
Baie, baie dankie vir Freddie se onvergeetlike toer!  Hy het dit terdeë geniet en kan nie uitgepraat raak nie!  Baie dankie vir kontak wat jy met ons gehou het deur gereelde sms'e en e-mails.  Ons het dit geniet om die foto's te kyk en te lees van al jul wedervaringe.  Ons het lekker saam getoer!
 
Baie dankie nogmaals vir al jou moeite.  Dit word opreg waardeer.   Sterkte met die gesondheid.  
 
Groete
Johan en Ina Potgieter

Baie dankie dat julle vir Freddie vir ons geleen het. Dit was een groot vreugde om sy vakansie pa te kon wees. Ek verlang na hom

Andries

Beste Andries

Baie dankie vir die wonderlike lewenservaring wat jy vir ons dogter Lindi-Nicole gebied het. Sy het ongetwyfeld elke oomblik van die toer geniet en kan nie uitgepraat raak oor haar ervaring saam met jou as toerleier nie.

Ons as ouers besef eers as jou kind na jou kom en sê:
 "Ma en Pa, woorde ontbreek my om vir julle te sê "DANKIE" vir die geleentheid, wat julle vir my gegee het om saam met hierdie wonderlike groep mense te kon toer en te leer ken", wat dit vir haar beteken het en die ervarings wat sy opgedoen het, vir die res van haar lewe saam met haar sal
dra.

Van die oomblik wat ons vir Lindi-Nicole bespreek het, het ons net met ongelooflike professionele,fantastie mense te doen gehad, wat ons elke stap ophoogte gehou het van begin tot einde, BAIE DANKIE DAARVOOR!! 

Ons wens jou en jou span (almal wat betrokke is by Temba Toere)net alle sterkte en seënwense op julle pad voretoe.

Sterkte met jou gesondheid.
Groetnis,
Neville & Mary White

Beste Mary en Neville

Waardeer jul pragtige binne en buite mooi dogter (regs bo). Sy was een van dié wat altyd belang gestel en altyd geluister het as ek gepraat het. Sy het die toer waardeer en almal op die toer het dit opgelet.

Dankie vir jou mooi gesindheid Lindi.

Andries Erwee

Beste Andries

Ewe skielik klink die woordjie dankie so verskriklik klein.  As ouers van Frik Haasbroek (links) wil ons net graag sê dat ons BAIE groot waardering het vir wat jy ALLES in die toere en ons kinders insit. Natuurlik kan ons nie wag om hom op die lughawe te kry nie. Ons het heerlik saam getoer deur die foto's gereeld dop te hou. Vir ons het dit net na een groot fees gelyk, maar ek is seker dat wat vir ons na 'n fees lyk, baie moeite en dikwels ook verdriet agter die skerms gekos het.

Ons as ouers is so dankbaar dat Frik deel van so 'n enorme ervaring kon wees. Ons bid vir jou gesondheid en wil graag hê dat jy dit nog vir baie jare sal kan meemaak.

Groete en seënwense

Niel & Manda Haasbroek

Barrydale

 
 
Dit was lekker om Frits te leer ken en saam op die toer te hê. Mag die res van die jaar en die res van sy skoolloopbaan baie geseënd wees.

Liewe Andries 

Dankie vir die groot voorreg wat my twee seuns (Francois 2007 en Christian 2009) gehad het om saam met jou London en Europa te kon verken. Dit was vir hulle albei ‘n onvergeetlike drie weke!

Dankie vir die entoesiasme waarmee jy die toer aanpak, beplan en organiseer. Dankie ook vir jou belangstelling in en liefde vir elke kind. Jou impak op Christian se lewe is groot en en ek is so dankbaar dat hy alles so baie geniet het. Sy sms’e het elke keer getuig van hoe wonderlik en lekker alles is. Klink ook vir my of daar heelwat nuwe vriensdskappe gevorm is en al die herinneringe wat hulle deel is so so kosbaar.

Dankie ook vir Retha en Tertius en alles wat hulle gedoen het om van die 2009 toer so ‘n groot sukses te maak.

Andries, ons as gesin wens jou net die beste en mooiste toe vir die toekoms. Mag dit ook met jou gesondheid net beter gaan.

Liefde
Karen en Andre Palm

Beste Oom Andries

Baie baie dankie vir ‘n “life changing” vakansie met goeie herinneringe.

Dankie vir al die lewenswyshede en veral die “speeches” oor die lande se ekonomie.

Die gebakte brode soggens en saans was ook vir my ‘n hoogtepunt elke dag.

Jammer vir al die moeilikheid wat ons vir Oom gegee het.Ek sal die toer nooit vergeet nie!

 Groete
Christian Palm

Die Palms is goud. Van hul hare regdeur. Dit was wonderlik om eers vir Francois te leer ken en nou vir Christian. Dit is regtig jammer daar is nie meer nie.

Ek dink daar is min jongmense wat weet wat hul regte naam is. Albei is bloot Palm genoem, maar albei se name het ek die eerste dag al geken. Julle het besondere seuns. Geniet hulle.
Andries

Oom Andries

Ek wil net baie dankie sê vir 'n onbeskryflike lekker toer. Dankie vi als wat oom gedoen het. Sterkte met als.

Albert Basson.

 

Dit was regtig lekker om jou op die toer te hê. Dankie vir jou goeie maniere en ondersteuning.

Liewe Andries, Retha en ander toerleiers

1 000'e Dankies dat ons seun, Marais Goosen, kon saamtoer! Wees verseker
dit was 'n groteske toer en hy het beslis 'n meer volwasse jong man en
meer verantwoordelik teruggekom.

Dit was vir hom en ons as ouers een geweldige groot voorreg. Woorde en
dankies kan dit ongelukkig nie raak beskryf nie. Marais is baie in sy
noppies met jul almal, julle het hom beslis gewen met die goeie.

Ons wens julle almal God's rykste seën toe. 'n Besondere seënwens vir jou,
Andries, met jou gesondheid.

Marais sal ook nog 'n dank-skrywe stuur.

Groetnis met Jesus-Liefde, seënwense, vrede en genade.

Willem & Janene Engelbrecht

Marais het geweldig goeie leierseienskappe wat hy ook nie huiwer om te gebruik nie. Dit was 'n groot aanwins om hom daar te kon hê.

Andries

 
Liewe Oom Andries
 
Ek wil eerstens baie dankie se vir al die moeite wat Oom met die toer gedoen het. Dit was 'n baie lekker toer, een wat ek nie gou gaan vergeet nie. Die plekke wat ons gesien het was indrukwekkend, soms op 'n goeie manier en soms nie. Met dit bedoel ek dat daar nie altyd plek vir almal op die bus was nie, maar ons het ge-squeeze en dit 'n ondervinding gemaak wat ons nie binnekort enigsins sal vergeet nie.
 
Daar was talle hoogtepunte op die toer, letterlik en figuurlik. Luzerne het die mooiste uitsig gehad, Nice was nice en Rome was 'n droom. Al die vrye tyd wat Oom vir ons gegee het, het hierdie stede meer spesiaal gemaak. In elke stad het ons iets persoonliks beleef. Of dit 'n sak is wat weggeraak het en of dit 'n hand is wat steke moes kry - elke plek het ietsie vir ons ingehou.
 
Vir my was London een van die beste plekke. Daar was baie om te sien, baie om te doen en baie om te geniet. Wat dit
 
die lekkerste gemaak het, is dat die mense wat daar leef jou eintlik kan help as jy verlore raak, want hulle verstaan jou as jy met hulle praat. Die moltrein was 'n ondervinding wat ons nie hier in Suid-Afrika kan beleef nie. Alhoewel dit beknop was, was dit die lekkerste manier om van die een bestemming by 'n ander te kom.
 
Amsterdam was een van die minder lekker plekke wat ons besoek het. Daar was nie veel om te doen nie, behalwe om in die sex-museums in te gaan. Om elke hoek en draai was daar 'n sexshop wat my 'n bietjie afgesit het. Maar ek was mal oor die kunsmuseums wat daar is. Die Rijks-museum was 'n wonderlike ervaring en ek hoor net goeie dinge van die Van Gogh-museum.
 
Oor die algemeen dink ek die toer was 'n reuse sukses en ek is seker elke toerlid het iets daarby gebaat. Die ontbyt was regtig lekker en ek mis veral die brood met sy soet smakie. Aandete was altyd 'n plesier, al het jy geweet dat jy net daarna almal se borde en bekers moet was. Dit was die tyd waar almal kon praat oor hul ervaringe wat hulle die dag beleef het. Die roomys voorgereg was veral 'n treffer onder die kinders.
 
Daar is nog so baie wat ek kan sê, maar sal die brief nou tot 'n einde bring. Baie dankie vir al Oom se moeite met die reëlings, die opstel van die begroting wat baie goed gewerk het en die kalm wyse waarop Oom met ons gewerk het, al het ons Oom somtyds teen die muur uitgedryf.
 
Ek wil ook baie dankie sê aan Oom Tertius en Tannie Marni wat ons altyd met 'n glimlag in die oggende gegroet het en saans naggesê het. Daar was net een slegte ding van die toer, en dit was dat dit so kort was. Dit voel regtig asof die drie weke baie vinnig verby gevlieg het.
 
Weereens baie dankie en voorspoed met die toekomende toere. Mag hulle net 'n plesier vir Oom wees.
 
Baie liefde
Liesbet du Toit

Baie dankie vir jou baie goeie en bruikbare terugvoer en baie dankie vir jou groot bydrae tydens die toer. Dit is mense soos jy wat maak dat 'n mens altyd wil verbeter.

Groete
Andries Erwee

Hallo

Baie  dankie  vir die nuus en ons  hoop  jy  pas  gou  aan  om  sonner  die groep  te  wees! Jua-Mari  het  die toer  ongelooflik  baie  geniet  en  sy  het  die vryheid  geniet  om  soms  op  haar  eie  te  beweeg - sy  is  soos  haar  ma , ons  is  nie bang  om  oorsee  alleen  rond  te  loop  nie  dit voel  of  ons  daar  niks  kan  oorkom nie  en  sy  sê  jy  het  geweet  jy hoef  jou  nie oor  haar  te  bekommer  nie! Sy  het  die plekke  wat  jul  besoek  het  baie  geniet  , maar  Parys  bly  vir haar  die  ongelooflikste stad  en  ervaring.

Dankie  dat  jul  hul  vryheid  gegee  het  , maar  dat almal  tog  veilig  was  en  heel terug  gekom  het . Jua-Mari  het 'n  goeie  beeld  van  Europa  gekry  en  hoe  om  daar  rond  te  beweeg. Sy  het  ook  die kos  geniet  en om  te  help  in  die groepe  en die huisvesting  was  vir  haar heel lekker.

Hoop  jou  gesondheid verbeter en  dat  jy  nog  baie reise  sal  onderneem.

Groete,
Juanita  Malan
Juanita (regs bo) is regtig op min foto's, maar sy was 'n baie teenwoordige toerlid. Ek mis jou glimlag en jou vrolikheid. ek is bly dat jy die toer net soveel geniet het soos wat ek jou teenwoordigheid geniet het,
Oom Andries ek wil sommer dadelik begin om dankie te sê vir die wonderlike toer.  Dankie dat oom vir ons die geleentheid geskep het om al daardie wonderlike plekke te sien, wat ons waarskynlik nie gou weer sal sien nie, en om nuwe mense te ontmoet.  Ek het vriende gemaak wat ek vir altyd sal behou. 
 
Dit was vir my 'n wonderlike ondervinding en ek sal nie sommer die toer vergeet nie.
Ek glo al die Tembane sal met my saamstem as ek sê dat oom 'n wonderlike persoon is, wat niks in oom se pad laat staan nie, nie eers oom se gesondheid nie. 
 
Dankie dat oom ons vakansie-pa was. 
 
Dinge wat ek nooit sal vergeet is die lekker vars brood en die vinnig stap.  Jammer as ons oom 'n paar grys hare gegee het, maar ons is net tieners - dit is in ons bloed =).
 
Baie liefde en Groete
Christene du Toit 
Beste Christene
Ek het al tydens die toer dit moeilik gevind om die twee pragtige Du Toits uit mekaar te ken. Ek hoop ek het die regte foto gekies? Dankie vir 'n groot en rustige bydrae tot die toer.

Liewe Oom Andries

Baie dankie vir 'n ongelooflike toer! Ek kan rerig nie aan 'n beter manier dink om Europa te beleef het nie. Ek het nie geweet drie weke kan so vinnig verby gaan nie! Dankie vir die vooreg of deel daarvan te kon gewees het. Ek sal die brood, speeches, treinry en die wonderlike nuwe vriende wat ek gemaak het nooit vergeet nie!

Suné Cilliers

Beste Suné

Warom is jy so skaars op ons foto's? In elkegeval was jy nie skaars op die toer nie. Ek hoop die hele Suid-Kaap waardeer jou.

Andries Erwee

Die Toer was werklike 'n lewens verandering. Ek het net weer besef hoe groot die wêreld eintlik is. Ek is bly dat ek die voorreg gehad het om die wêreld te sien. Die toer is werklik 'n wonderlike manier om Europa te verken.Oom het genoeg vryetyd gegee maar tog het ons nog steeds al die besienswaardighede besoek. Dit was werklik 'n ongelooflike ervaring om saam met 'n groep jongmense Europa te verken. Ek het oom se stories en menings oor die ekonomie en wêreld probleme baie geniet. Die kos was fantasties (Ek het dit besef toe ek weer vir my eerste koshuis maaltyd aansit) baie dankie aan oom Tertius en Tannie Marni!! Die hele toer was net een lang hoogtepunt. Dankie dat oom ons soos grootmense behandel het nog het ons, ons soms soos kinders gedra. Ek wens oom alle sterkte toe vir die toekoms en ek hoop oom bied nog lank toere aan.
Baie dankie vir almal wat gehelp het my toer ongelooflik lekker te maak.
Retha en James
Oom Tertius en tannie Marni
Oom Andries
En al die Thembane!!
Mag die Here jul almal seen
Groete Nelius Smith
Nelius links op die foto bo was 'n fantastiese toerlid. Ek wens ek kon hom beter leer ken. Dankie vir jou groot bydrae.