LONDON 09

Ons het geweet die vlug is lank, maar solank... Die nuwe Airbus 380 het darem vir 'n bietjie opwinding gesorg.

In Londen was die lank sit gou vergete. Ons het Windsorkasteel besoek en daarna 'n kort stop by die Royal Albert Memorial in Kensington Gardens ingepas.

Vanaand het ons die naglewe van Londen gaan opsoek. Selfs die feit dat gedeeltes van die moltrein nie werk nie, het ons nie afggesit nie. Trouens ons is gereed vir dit wat nog kom.

   

Dag twee in Londen was 'n werksdag. Ons het ver geloop en baie gesien. Vanaf Trafalgar tot by Buckingham paleis en daarvandaan na Windsor het alles ons opgewonde gemaak. Die bootvaart op die Teems was 'n hoogtepunt en die kroonjuwele in die Tower of London het ons verstom. Die hoogtepunt was egter die aftyd wat ons gehad het.

Vanaand gaan ons iewers in Londen kuier ver van die oom en sy kameralens en môre gaan ons Madam Tussuads besoek. Die res van die dag gaan ons weer vry wees om die moltreine en dit wat bo hul is op ons eie te verken.

Op ons laaste dag het ons eers die bekendes in Madam Tussauds gaan onmoet en is toe met 'n veerboot na Nedraland.

Dit het egter nie heeltemal volgens plan verloop nie. Daroor kan jy later meer lees.