|
|||||
As jy gedink het diens in Suid-Afrika is swak was jy duidelik nog nie op 'n jeugtoer na Europa nie. Ons het uitgesien na die veerboot, maar toe daag die bus nie op nie. Ons het om 14h00 geskakel en is beloof dat hul binne 30 minute daar sou wees. Na 5 oproepe en twee uur en dertig minute het ons prokureur die busfirma sover gekry om te doen waarvoor hul betaal is. Teen hierdie tyd was dit egter te laat vir ons Veerboot. Die busfirma het ons toe deur die nag tot in Amsterdam gery. Met die Stena Ferry het alles mooi glad geloop. Die 30 jongmense het dit as 'n hoogtepunt ervaar. "Dit was lekker en luuks" was die algemene komentaar. Ongelukig is daar so lekker gekuier dat daar skoon vergeet is om foto's te neem. Ons wat nie daar was nie het darem hierdie drie foto's gekry as bewys dat hul inderdaad op die boot was. |
|||||
|
|||||