Rome is op elke toer 'n hoogtepunt en vanjaar was dit meer so as vorige jare. Dit was nie t5e warm nie en die jongmense het hierdie antieke stad deur en deur verken.
Camping Seven Hills was soos gewoonlik 'n hoogtepunt. Die disco daar bly baie gewild en die talle jongmense wat die plek besoek maak dit beslis een van die gunsteling bestemmings.