FOTOS VAN PARYS 08

Ons het lekker gekuier in Parys. Die verblyf was lekker en die stad mooi.

Die ete onder die Eifel Toring was 'n hoogtepunt en die feit dat ons agter gekom het dat Oom Andries niks daarvan hou as ons ook stout is nie was 'n besliste laagtepunt. Soos die foto's aandui was hy mos darem self nie 'n engel nie.

Ons het alles van besondere mooi gebou tot ewe mooi motors en baie mooi mense gesien. By die Renault uitstaling het ons geoefen soos renjaers en in die mode winkels het ons moedeloos geword. Waarom ons pa's nie hul kredietkaarte vir ons gegee het nie, sal net hulle weet. Hier in Parys sou ons dit baie beter kon gebruik as wat hy ooit kon droom.