Briewe van toerlede en hul ouers |
||
Ons plaas graag die briewe van toerlede en hul ouers, sonder om dit te verander. Jy kan gerus van jou laat hoor. Al sou jy dink dat die toer erg swak was, plaas ons nogtans jou mening. Natuurlik is daar ook so paar ekstra foto's en as jy skerp is mag jy dalk ook bietjie lag. |
||
Liewe Oom Andries
Al die gewoel en opwinding van die Interskole in die Paarl is nou al lank reeds vergete en nou lê die voorbereiding vir die Sept. eksamen voor. Ek wil net graag vir Oom, Ronell en Erhardt baie dankie se vir die ongelooflike ervarings tydens die Junie vakansie se Temba/Europe toer.
Daardie 3 weke was beslis van die beste tye in my lewe! Ek het soveel van oom geleer en dit was wonderlik om al die plekke deur oom se oë te sien.Dis 'n ongelooflike lekker gevoel wat ek kry elke keer as ek aan die toer dink! Ons het wonderlike vriendskappe op die toer gemaak en die lekkerste vriendskap-verhouding was tussen oom, Ronell en die kinders...ek sal dit nooit vergeet nie.
Dan wil ek ook vir Oom-hulle bedank vir al die moeite met die reëlings van die vervoer, die verblyf en elke keer se lekker kos. Ek het dit baie waardeer. Sonder al daardie ondersteuning sou die toer seker minder aangenaam gewees het.
Ek mis julle almal baie en wens ons kan mekaar weer saam sien. Ek wens vir oom alle sterkte toe met al oom se toekomstige toere!
Vriendelike groete
Waldo de Wet
WALDO, DANKIE VIR JOU BYDRAE OP DIE TOER. JOU RESPEK VIR JOU OUERS IS IETS WAT ONS HOOG AG. |
||
Andries en Ronel, Frank het 'n ongelooflike tyd saam met julle in Europa beleef. Dit was vir hom 'n onvergeetlike belewenis en 'n ervaring wat hy vir die res van sy lewe sal onthou.Baie dankie vir julle aandeel daarin. Die feit dat hulle soveel kon sien en beleef saam met maats van dieselfde ouderdom glo ons is deel van die suksesverhaal van die toer. Ons kind kyk nou met nuwe oë na die wêreld daarbuite. Die vriendskappe wat gesmee is, is net so kosbaar. Ten spyte van al die probleme wat julle met KLM ondervind het, wil ons net vir julle sê DOEN SO VOORT!
Groete,
Sam & Carina Oosthuizen
FRANK IS 'n BESONDERE JONGMAN. DANKIE VIR SY TEENWOORDIGHEID OP DIE TOER! |
||
|
|
Baie dankie vir die onbeskryfbare geleentheid wat jy ook vir my twee kinders gegee. het.
Die lot kan steeds nie uitgepraat raak oor die belewenis nie en jy as mens en die ervaring weet ek is vas gesement in hulle gedagtes.
Daar is nie baie volwassenes op hierdie aarde wat weet wat kinders se horlosies laat tik nie, dinge soos vertroue kameraadskap en liefde.
Jy het dit reg gekry!
Groete
Bennie Griesel DIS NIE ALDAG WAT ONS 'N OULIKE BROER EN SUSTER OP DIE TOER HET NIE.
|
|
Oom Andries & Ronell
Ek het nie woorde om vir julle te bedank nie. Dit was beslis die beste 3 weke van my lewe en daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie aan die toer en al sy mense dink nie. Ek het ongelooflike plekke gesien, dinge beleef en vriende gemaak wat ek vir die res van my lewe sal onthou. Oom en Ronell het definitief 'n groot invloed op my lewe gemaak. Dankie vir al oom se 'lewenstoebroodjies' en grappies en Ronell, baie dankie vir 'n ongelooflike 'girls night' wat ek vir ewig en altyd sal onthou. Ek mis al my jip toer mensies onsettend baie en ek wens soms ek kan tyd terug draai en weer saam met almal van julle wees!!
Liefde Marizanne MARIZANNE, JY IS 'N BUITE EN BINNE MOOI MEISIE. BAIE GELUK MET JOU VERKIESING AS ONDERHOOFMEISIE!
|
ISA, MARIZANNE, DORRI |
|
Liewe oom Andries Ek wil Oom net uit die punt van hart bedank vir die ongelooflike, beste drie weke van my lewe! Daar is niks wat by dié toer kom nie! Die manier hoe Oom dinge hanteer, goeters doen en oom se lewenstoebroodjies het my baie geleer en defnitief ‘n beter mens gemaak! Dankie ook vir Ronell, en Erhard vir die lekker kos. Ek dink ek gaan volgende jaar ook sommer saam om kos te maak net om weer te gaan. Die vriende wat ek gemaak het en die dinge wat ons alles saam aangevang het sal ek vir die res van my lewe onthou. Die ”clubbing”, paaldanse en dans op die tafels was die lekkerste. Na die Europa ervaring is ek reg om die wêreld aan te vat sonder enige probleme. Weereens baie dankie vir ’n ongelooflike tyd in my lewe! Alles van die beste vir oom en sterkte vir die toekoms. (Jammer oor die klein voorval wat ons in Parys ervaar het!) BESTE JOOD. DANKIE VIR DIE BESONDERE JONGMAN WAT JY IS. DANKIE VIR JOU BYDRAE OP ONS TOER. EK WENS JOU ALLE BESTE VIR DIE TOEKOMS |
||
Liewe Oom Andries Ek wil dan ook vir oom dankie se vir die vryheid wat oom vir ons gegee het, waar ons geleer het om onsself Toe ek op die vliegtuig kom huis toe en besef dat die hele familie nie saam op pad terug huis toe is nie, was Dis toe dat ek agterkom dat alles so chaos was dat ek nie eers vir almal totsiens gese het nie en vir oom |
||
Dankie vir die tyd van my lewe. |
||
Hello Oom Andries
Jammer dis so bietjie laat, maar ek wil net vir oom baie dankie se vir 'n onvergeetlike toer!
Ek wens ek kon die horlosie terug draai en alles van voor af beleef.
Dit is 'n verskriklike groot voorreg om iemand soos oom en Ronel te ken wat al so baie in die lewe geleer het en wat bereid is om dit met ander te deel!
Ek mis al oom se stories en lewenstoebroodjies.
Oom is 'n ware rolmodel en inspireer my!
Baie groete
Hanje
HANJE JY PRAAT MIN MAAR MENS IS ALTYD BEWUS VAN JOU TEENWOORDIGHEID. |
||
Beste Andries
Ek wil net namens Sean vir jou en almal betrokke
baie baie dankie se vir 'n toer wat Sean nooit in sy lewe sal vergeet nie! Ek het hom nog nooit so opgewonde gesien soos toe ons hom op die lughawe gaan afhaal het nie. Andries, jy is vir die kinders 'n ongelooflike mens. Sean se dat 'n toer sonder jou nooit dieselfde sal wees nie. Dankie dat jy hul met soveel insig, liefde , en regverdige dissipline hanteer het. Mag God jou werk vorentoe seen!
Groete en dankie
Grant en Christa Smuts
SEAN BAIE DANKIE VIR JOU BYDRAE OP DIE TOER. DIT WAS LEKKER OM JOU OP DIE TOER TE Hê |
||
Oom Andries en Ronell
Ek wil net oom bedank vir die beste tyd van my lewe. Ek kon werklik nie vir 'n beter geleentheid gevra het om myself so te laat groei as mens en om die bester vriendskap verhoudings te maak waarvoor 'n tiener kan vra nie.
Oom het baie diep in my hart gekruip, sowel as Ronell. Baie dankie vir die girls night Ronell dit het meer vir ons meisies beteken as wat dit voorkom. Jy het my laat besef hoe bevooreg ek is as mens en ek sal nooit weer dit as vanselfspreukend anvaar nie.
Die TEMBA - familie groei elke jaar en ek is so bly dat ek deel kan wees van hierdie familie, want ons sal mekaar nooit kan vergeet nie, want dit wat ons nou deel kom net van genade.
Ek is baie lief vir almal van julle en ek mis julle bitter baie.
Groete en Liefde
Meagan Wood MEAGEN JY IS 'n STUNNING MEISIE. BAIE DANKIE VIR JOU GROOT BYDRAE OP DIE TOER. |
||
Baie dankie oom Andries, die toer was flippen lekker en het vir my en ek is seker ook vir die ander baie beteken. Ek dink dit is een van die lekkerste maniere om Europa te ontdek. Ek het al klaar vir van my pelle wat jonger is gesê hulle moet dit nie mis nie. As ek dit in een woord moet opsom "LEGEND"! Dankie vir Ronell, Susan en Erhardt sonder julle sou daar iets kort!!
Ek hoop Oom sal nog baie kinders sulke lekker toere laat doen. Kan nie wag vir die reunie nie!!
Dankie Oom Andries!!
Groete
Tielman Marais
DIT WAS LEKKER OM SO GEMOTIVEERDE PERSOON OP DIE TOER TE Hê. EK HOU JOU VORDERING MET GROOT BELANGSTELLING DOP. |
||
Hallo Andries, Ronell en kie
Ons wil dankie sê vir die toer wat ons twee dogters (Naureen- 2007 en Elizabeth - 2008)
kon ervaar saam met jou. Dit is 'n jaar later en Naureen praat nog steeds oor haar toer. Elizabeth het
nie net vir Europa geniet nie, maar ook dit wat jy vir hulle geleer het, jou stories en die nuwe maats,
als was net lekker
Gert, Alna en Elizabeth Marais
ELIZABETH JY IS 'n BAIE VOLWASSE MEISIE. DIT WAS REGTIG LEKKER OM IEMAND SOOS JY OP ONS TOER TE KON Hê |
||
Oom Andries en Ronell...
twee mense wat onvergelykbaar is! die goedhartigheid en vriendelikheid, insig en lewenservaring... Ek het ongelooflik baie geleer van oom en van ronell, asook van sekere van die toerlede! Baie dankie vir alles... dit was die beste ervaring wat ek al ooit gekry het, en kan dit nie indink met enige ander toer leier nie!! weerens baie dankie vir 'n ongelooflike tyd... Dit sal virewig by my bly...
Nadia xxx
NADIA JY IS 'n ONGELOOFLIKE MENS. DANKIE DAT ONS JOU EN JOU GESIN KAN KEN. |
||
Hello Oom Andries
I just want to say thank you for all the trouble and effort you went through for us on the tour, especially
over those six extra wonderful days in Amsterdam. I have learnt alot of things on this tour, mostly coming from
you, things that I will never forget and things that I will use throughout the rest of my life.
It was a great pleasure being part of this life changing tour. To Erhard and Ronell, the food was
excellent, the tour was a great success and you guys played a big role in that.
Adam van Heerden Hello Andries,
Adam was one of the 8 boys that remained in Amsterdam. He kept on telling me not to stress and to relax and
that they were all fine. We thank you for taking such good care of him. I know that he was in good hands.
I can't imagine what you went through!
His luggage was delivered to our house the next morning (approx all 27kg). There were only 2 broken beer mugs but at least the other 7 were all in one piece! Thank you so much for everything that you have done for Adam. He had an amazing time and can't stop smiling!
(I'm hoping that the smile is because he's with his mom, but I somehow doubt it!!) Even the last few days in Amsterdam were great. He made awesome friends and can't wait to have their first re-union. Our children
are priviliged to be able to go on such a tour with such an amazing person. Thanks to you, too, Ronell, for your
concern and emails. Thanks for the flowers at the airport. I too thought it was from the girls. Thanks to Erhardt and Susan for
feeding our children
We wish you all the best, look after your health, Andries, and enjoy the time with
your family.
|
ADAM AND MARLI |
|
May you be spared many more years doing what you do best.
Kind regards
Henri and Michelle van Heerden ADAM ON THIS TOUR YOU WERE A LEADER IN ALL ASPECTS. YOUR MATURITY IS BEYOND YOUR YEARS. |
||
Hallo Oom Andries en Ronel
Ek wil net graag vir julle baie dankie se vir 'n ongelooflike lekker toer en hoe baie ek dit geniet het om saam met julle te toer.
Dit was 'n groot ondervinding en ek het baie geleer en elke oomblik geniet. Die toer het baie vir my beteken en al die vriendskappe wat tydens die toer net al hoe meer gegroei het. Hierdie toer sal ek beslis aanbeveel en definitief weer op so n toer saam met julle wil gaan. Ek hoop dit gaan goed met Oom en dat Oom al Oom se sake kan uitgesorteer kry. Ons dink aan Oom en Oom is in ons gebede.
Baie sterkte met die volgende toere.
Weereens baie dankie!
Liefde
Monique Beste Andries en Ronel Baie dankie dat julle kans gesien het om so 'n groot groep jong mense Europa te gaan wys. Dit is nie enige iemand wat so iets kan aanpak nie. Monique kan nie uitgepraat raak nie en kort kort onthou sy nog iets wat sy vir ons moet vertel. Dankie ook dat jy die hele situasie so kalm hanteer het wat betref haar paspoort en die vlugte. Die groepie wat agter gebly het, het dit sommer jip toer no 2 gedoop. Ons hoop julle kan sommer gou die KLM sage uitsorteer. Groete Alwyn en Bethchen Zaayman |
MONIQUE JY IS 'n BAIE MOOI, BESONDERSE MEISIE. LUCAS IS BAIE GELUKKIG. |
|
|
||
| Dankie Andries. Jy is werklik 'n engel. Ek hoop werklik dat almal wat probleme met die terugkom ervaar het ook dit spoedig agter hulle sit, want die "agtergeblewenes" ervaar die herinnering aan hul reisprobleme reeds as deel van die avontuur. As mens dink watter verskriklike ellendes mense daagliks ervaar, was dit absoluut 'n nietigheid. Terwyl Anje getoer het is ‘n vriendin van haar verkrag en ‘n dogter van haar ouderdom in ‘n buurskool dood. Waaroor sal ons kla? Ons het net rede tot dankbaarheidUit die aard van die saak skuld jy my niks. Liebe Smit ANJE SE KENNIS VAN EUROPA IS BAIE GOED. BAIE DANKIE DAT ONS HAAR OP DIE TOER KON Hê |
||
|
Oom Andries JP JY IS 'N BESONDERE VOLWASSE JONGMAN. DIT IS 'n EER OM JOU TE KAN KEN. |
|
Liewe Andries |
WILHELM EN PIETER-NEIL |
|
Groete WILHELM IS 'N INGELIGTE JONGMAN. SY UITERS KOMPITERENDE GEAARDHEID TYDENS DIE TOER VASVRAE IS AANSTEEKLIK. DIT IS ALTYD LEKKER OM IEMAND WAT BELANGSTEL SAAM MET JOU TE Hê |
||
Hallo oom Andries
|
||
| JAKOBUS DIE FEIT DAT JY LEWE EN JOU HELE LEWE IS VIR MY EN ANDER 'N INSPIRASIE. AERWEE | ||
Liewe Andries en Ronel Baie dankie vir ‘n onvergeetlike herinneringe wat julle vir Mieke gegee het. Ek wonder party dae of jy haar nie dalk daar anderkant vergeet het nie, want ek dink nie sy is al “terug” nie! Jare terug het ‘n vriendin van my se dogter op die Jip toer gegaan en ek het haar toe al belowe dat eendag sy ook Ek wil self ook net dankie se! Hierdie toer was verseker die beste drie weke van my hele lewe en daar was werklik nie een dag wat ek wou huis toe kom nie! Die eerste paar dae wat ons terug was in Suid-Afrika wou ek net terug gaan op die toer en as ek my sin kon kry sou ons elke jaar hierdie toer herhaal met dieselfde mense, plekke en onvergeetlike oomblikke! Die vriende en vriendinne wat ek op hierdie toer gemaak het voel soos my broers en susters en ek verlang elke oomblik van die dag terug aan elkeen van hulle! Oom Andries, dankie vir al oom se wyshede en daaglikse “toebroodjies”, ek het dit van groot waarde gevind en dink nog baie aan dit wat oom ons geleer het! Ronel, baie baie dankie vir al jou moeite en die “fun” tye wat jy vir ons besorg het! Ek het elke oomblik geniet en selfs vergeet om party dae kontak te maak met Suid-Afrika - tot my ouers se onsteltenis! Mag al die toere in die toekoms ook soveel geluk, wysheid en lewenservaringe vir die kinders verskaf soos wat dit vir my en al my mede-toerlede het! Ons dink aan oom en oom se gesondheid! Groete Mieke Ferreira |
Jy is nog baie mooier as wat selfs Francois dink. dit was wonderlik om jou te kon leer ken. AERWEE |
|
EERSTE DING WAT EK OP DIE MAANDAG WIL DOEN, IS OM DANKIE TE Sê.
DANKIE VIR AL DIE MOEITE WAT JULLE MET ONS KINDERS GEDOEN HET.
DANKIE VIR ALLES WAT JUL HUL GEWYS + GELEER HET.
MARLI HET NOG NIE OPHOU PRAAT VAN SY HIER AANGEKOM HET NIE.
BAIE DANKIE
SAMUEL + MADELEINE PIETERSE
(sy sê sy gaan julle vars gebakte brood erg mis) Jy was 'n Ongelooflike vakansie pa vir haar. Baie Dankie!! Marli is erg oor jou+ baie bekommerd oor jou gesondheid XX Madeleine Pieterse Marli links en Marizanne regs MARLI IS KOSBAAR EN ONS IS BAIE LIEF VIR HAAR |
||
Hallo Oom Andries
Ek wil begin om vir oom net baie dankie sê vir die absolute wonderlike tyd wat oom vir ons in Europa gebied het. Dit was vir my, en verseker vir van die ander toerlede die beste drie weke van ons lewens. Ons kan net nie uitgepraat raak oor alles wat op die toer gebeur het nie. Soos byvoorbeeld by die Louvre se fontein, Rome disko se paaldaanssessies en nog vele meer.
Die toer het vir my veel meer gebied as net om vir Europa te verken. Tesame met die wonderlike ervaring het ek ook 'n paar lewenslesse op pad geleer asook meer volwasse geraak.
Ek wil net weereens vir oom dankie se vir oom se geduld met ons jongklomp, en dan ook aan Ronell, Susan en Erhard. Jul almal het ons tyd in Europa die moeite werd gemaak en ek sal dit nooit vergeet nie!
JP Du Preez
Pieter-Neil Lins en JP regs. JP JY IS 'n BESONDERE JONG MAN. DANKIE VIR DIE VOORREG WAT ONS GEHAD HET OM JOU TE LEER KEN. |
||
Liewe Ronell
Ons het vanoggend jou brief gekry en maar net weereens besef in wat se goeie hande Waldo was!! Ons wens vir Andries spesiale sterkte toe alhoewel ons weet hy heeltemal in beheer is. Jy moet hom vir 'n week aaneen laat slaap as hy tuis kom...al sluit julle hom in sy kamer toe!!! (Dit is onmoontlik. Hy is ongebalanseerd en beskou rus as 'n sonde. Hy het gister al weer tot laatnag gewerk Ronell) Ons is opreg dankbaar vir wat julle vir die kinders gedoen het. Al die moeite en aandag gaan nie ongesiens verby nie....ons kan julle nie genoeg bedank nie!
Waldo is Donderdag terug skool toe, so, ons kon nog nie al die stories/nuus hoor nie, maar terwyl ons van die lughawe gery het, het hy onophoudelike gepraat!! Ons sien hom die naweek en dan gaan daar lekker gesels word. Die belewenisse sal hom vir die res van sy lewe bybly...hy het die toer verskriklik geniet! Al ons dankies ook aan Erhardt vir al die opofferings gemaak.
Hy wil graag vir jou ook pos stuur en sal dit die naweek doen.
Nogmaals baie dankie
Groete vir Andries
Liefde
Louw en Adél de Wet (Waldo) Waldo regs en Sean links WALDO IS 'n GOED GEMANIERDE JONG MAN. 'n SEUN OP WIE SE OUERS TROTS KAN WEES. (Waldo 'n kwaai liefdevolle pa is altyd 'n voordeel. Jy weet dit klaar, maar sal dit elke dag in die toekoms nog meer ervaar. Sê dankie vir hom daarvoor. Aerwee) |
||
ADAM EN MARLI "KUIER" LEKKER IN DIE BUS |
"SKOENE WAT DIE MINSTE DRUK IS 'N PAAR". Hoe maak jy nou met so 'n pa? |
|
hai ronell
Ek wil net weereens baie baie dankie se vir die amaizing toer wat jy en jou familie vir ons gereel het. ek verlang regtig elke dag daarna en het ongelooflike herinneringe om na terug te kyk.
Die 3 weke wat ons saam as 'n groep spandeer het was by ver nog die beste 3 weke van my hele lewe. ons het so baie bymekaar geleer en so baie van die wêreld. Jou pa is regtig 'n baie wyse man. Sy lewenstoebroodjies elke dag het ons almal diep geraak.
Dankie vir al jou geduld ook met ons as ons nie wou luister nie en regtig moeilik was. (julle was wonderlik en beslis nie moeilik nie. Ronell) Ons waardeer regtig al jou geduld!!
My hart is baie seer as ek terugdink aan die nuwe familie wat ons gemaak het en dat van ons mekaar nooit weer sal sien nie,maar ja dalk hou ons 'n 2de toer as ons so 60 is en gan relax op 'n eiland erens,haha.
Merkwaardige mense en merkwaardige leiers het dit regtig 'n merkwaardige toer gemaak!!!
Dankie weereens vir als ronell.!!!
Mari-Alet
MARI-ALET JY IS "N BESONDERE VOLWASSE MEISIE. DANKIE VIR JOU BYDRAE OP DIE TOER!
|
||
Andries baie dankie vir al jou moeite. Hanneri is veilig en klink of hulle 'n wonderlike tyd gehad het. Sterkte vir Jou! Ben, Ronel en Hanneri Baie Dankie vir die toer. Dit was regtig 'n ongelooflike ondervinding wat ek nooit sal vergeet nie. Sê vir almal ek mis hulle bitter baie. Hanneri ANTON LINKS EN HANNERI REGS HANNERI IS ENERGIEK EN BAIE OULIK. SY HET BESLIS LEIERS POTENSIAAL |
||
Hallo Andries
FREDERICK IS "N BAIE OULIKE OU. HY IS BAIE POPULêR ONDER SY MAATS. DIT WAS "N VOORREG OM HOM TE LEER KEN> |
||
Beste Andries
Waar sal ek begin om vir jou dankie te se vir 'n onvergeetlike toer wat Lana kon meemaak. Ek wou die email al vroeer geskryf het, maar elke dag moet ek net van nog belewenisse en lesse hoor wat sy geleer het. Dan dink ek - wag nog 'n dag, want daar kom elke dag nog goed by waarvoor ek jou moet bedank!!
Ek wil amper so ver gaan om te se dat die feit dat sy in Europa was nie vir haar so 'n groot ondervinding was soos om 3 weke saam met jou en jou toerleiers te wees nie.
Ek kon dadelik 'n nuwe volwassenheid in haar optrede en die dinge wat sy se sien. Sy kan regtig nie uitgepraat raak oor alles wat jy haar geleer het nie!! As ek haar vra hoe was Europa dan se sy lekker, maar ma moet hoor wat se oom Andries oor dit of dat!!
Ek weet Lana was gelukkig om huis toe te kom soos beplan is, maar ek dink amper na wat ek nou al gehoor het sou ek dit as 'n bonus beskou het as sy nog 'n week op die toer moes gewees het.
Ek hoop nie alles wat verkeerd geloop het met KLM en jou gesondheid laat jou besluit om dit jou laaste toer te maak nie! Asseblief dan nog net volgende jaar! My ander dogter Nicki is belowe sy kan volgende jaar op die toer gaan en ek sal baie spyt wees as dit nie saam met jou sal wees nie.
Weereens dankie!! En bedank asseblief almal wat betrokke was by die toer namens ons. |
||
|
Onthou as jy ooit in George kom, kom se hallo en kom kuier op Heroldsbaai!!!
Linda en Hendrik Aucamp
ns. Ek was ook baie impress met die behandeling en diens wat ek by Rennies gekry het. Ek het eendag 'n probleem gehad wat hulle sonder moeite en vriendelik vir my opgelos het!
LANA HET REEDS VAN DIE BEGIN VAN DIE TOER AF VOLWASSENHEID UITGESTRAAL. SY IS DIERBAAR! |
||
JP EN JP GENIET DIE BUSRIT |
REG VIR "N GEVEG...MET KLM? |
|
Hallo oom, dankie vir die ongelooflike lekker toer. Ek het ongelooflik baie by oom geleer en ek het 'n baie lekker tyd gehad. Baie baie dankie jy's 'n wenner.
Stephan ek het regtig lief geword vir jou en was regtig bitter jammer vir jou toe hul weer vir jou op daai waglys plaas. |
||
Beste Andries vir al jou moeite en geduld met ons kinders wil ons net dankie sê. Groete Tienie en Carol Maree Dankie Andries vir die versorging en beskerming van ons kinders. Geniet jou laaste dag. Veilig terug vlieg. Die Marees
JD IS 'n VRIENDELIKE JONGMAN. HY HET BESONDERE LEIERS POTENSIAAL. Dankie vir jou leiding wanneer dinge regtig moeilik geraak het. Aerwee |
||
Naand Andries. Bernard sê die toer was wonderlik baie meer as wat hy verwag het. Baie dankie vir 'n stunning toer. Groete Nico en Elfriede Delport
DIT WAS LEKKER OM JOU OP DIE TOER TE Hê en VERAL LEKKER OM OOK JOU 18 de VERJAARSDAG MET JOU TE KON DEEL. |
||
Abrie is veilig by die huis, bagasie en al! Baie dankie vir al jou moeite met Abrie en Micheal. Jabra Van Wyk ABRIE EN EMIL ABRIE SE INNERLIKE VERMOëNS IS NET SO GROOT SOOS SY ENORME FISSIESE EN EMOSIONELE KRAG!
|
||
AI MAN KAN JULLE NIE MAAR DEWALT SE HARE UITLOS NIE! |
DALK KAN EK OOK MOOI LYK...WAARSKYNLIK GAAN DIT 'n "HOër HAND" AS ANJE KOS OM DIT REG TE KRY. |
|
Baie dankie aan jou vir alles wat jy vir Nadia beteken het. Hoop nie hulle het te veel gryshare aan jou besorg nie. Baie dankie weereens! Elmarie Doran Lindie en Nadia NADIA IS 'n VRIENDELIKE DIERBARE MEISIE. ONS IS BAIE LIEF VIR HAAR. |
||
Baie dankie vir wat jy doen. C Strauss Dankie Weereens dat jy na Frikkie gekyk het en als wat jy gedoen het. more ronell
baie dankie vir die blomme op die lughawe. ek dog eers dit was die meisies wat die vir die seuns bring en lees toe agterna die brief. dit was 'n pragtige gedagte. en dan die ander ding. frikkie se jou pa het so lekker brood gebak op die toer. as jy 'n kans kry stuur die resep vir my en ook die settings van die broodmasjien.
lekker dag
christelle strauss
JD EN FRIKKIE DIT WAS LEKKER OM FRIKKIE OP DIE TOER TE Hê. HY IS ALTYD REG VIR PRET. HY IS 'n LEWENDIGE JONGMAN. |
||
Lize hou nie op met praat oor die toer nie. Die lewenslesse het haar die meeste beindruk. Baie baie dankie! Anneke Linstrom Lize en Elizabeth LIZE DIT WAS VIR ONS BAIE LEKKER OM 'n BLOU BUL OP DIE TOER TE Hê. JY IS VOORWAAR "N OULIKE MEISIE |
||
Aan jou Andries wil ons BAIE dankie sê vir 'n onvergeetlike 3 weke in Marizanne se lewe. Dankie dat hul veilig terug. Kobus en Magdaleen Uys Marli en Marizanne OP DIE TOER WAS MARIZANNE BAIE GEWILD! SY IS "N BESONDERE MENS EN ONS GAAN HAAR BAIE MIS> |
||
JY WENS!! |
SOOS IN 'n FLIEK!!! STEPHAN JY KAN BRAD SE BEELD GAAN VERVANG. |
|
Hallo Oom Andries. Ek wil net sê dat oom 'n ongelooflike persoon is en ek het regtig baie by oom geleer. Een van die dinge is om die lewe en my voorregte by meer te waardeur. Baie dankie vir 'n "life changing" toer. Baie Dankie. Francois de Wet
FRANCOIS BAIE DANKIE VIR JOU TEENWOORDIGHEID OP DIE TOER. DIE TOER SOU ARM GEWEES HET SONDER JOU. BESEF JOU OUERS EN GEMEENSKAP HOE WAARDEVOL JY IS? |
||
Andries, baie baie dankie vir jou moeite met ons seun Pieter-Neil. Pieter Muller JP, PIETER-NEIL en FRANCOIS
PIETER-NEIL IS 'n BAIE GOED GEMANIERDIE JONG MAN. DANKIE VIR SY TEENWOORDIGHEID OP DIE TOER. |
||
Baie dankie vir email. Waardeur jou moeite. Dankie vir wat jy vir ons kinders doen! Baie baie dankie. Robert en Anita Kraemer
EMIL IS "N STERK LEIER EN 'n VOLWASSE JONG MAN. SY TEENWOORDIGHEID OP DIE TOER HET BESLIS 'n GROOT VERSKIL GEMAAK. |
||
EN DANKIE, DANKIE, DANKIE vir die kans wat jy my kind gegee het om meer van die wêreld te sien, meer selfstandig op te tree, meer op sy eie kragte aangewese te wees - weg van Ma en Pa! Alhoewel dit nie die eerste keer is dat hy alleen oorsee is nie, het hy my verstom met sy vermoë om nuwe vriendskappe te maak, om in vreemde stede rond te loop SONDER om te verdwaal, om met SKOON wasgoed by die huis te kom, om net alles te wil vertel en vertel (hy is gewoonlik 'n geslote, privaat boek!), nog geld oor te hê, geskenkies vir almal vir wie hy omgee en meer as enigiets die "Baie, baie dankie dat julle my gestuur het's" en "ek het darem vreeslik verlang" en die onbewustelike arm-om-sy-pa-se-nek terwyl hulle na die foto's van die "trip" kyk.
Dan kom daar 'n knop in my keel want ek besef ons tyd raak min met ons kind nog in die huis.
Watter voorreg dus om hom te kon stuur saam met jou, Andries, Ronel en Erhardt, vir 'n veilige, interessante, opwindende, leersame, ondervinding-van-'n-leeftyd-toer!
Iets waaroor nog LANK gepraat en nog langer onthou sal word. (Dit sal my ook nie verbaas as hierdie toer die basis vir sy planne na-skool gelê het nie!)
BAIE BAIE DANKIE
IS DAAR NIE DALK BINNEKORT 'n "RE-UNIE"? Lucas sê hy mis almal VREESLIK . mens raak so gewoond aan almal rondom jou! Dit voel skoon abnormaal sonder die ander!
|
||
|
Hanli & Lucas Roothman
Worcester Jakobus, Monique en Lucas DIT WAS 'n VOORREG OM JOU OP DIE TOER TE KON Hê EN OOK VAN JOU TE KON LEER!
|
||
|
|
|
|
Dankie vi al jou moeite. Hoop jy geniet 'n welverdiende ruskansie. Groete Enge Louw
ANTON IS 'n VRIENDELIKE JONGMAN MET BAIE VAARDIGHEDE> DIE TOER SOU NIE DIESELFDE SONDER JOU GEWEES HET NIE> |
||