FOTOS VAN INNSBRUCK 08

Sneeu ski is vir ons Suid-Afrikaners altyd 'n hoogtepunt en daarom sal ons besoek aan Innsbruck nie gou vergeet word nie. Die prentjie mooi stad is ook naby een van Europa se min ski oorde wat in die somer oop was.

Boonop het die jongmense die koeler lug na die hitte van Italië baie geniet.

Aardverwarming en die hemel hoë brandstofprys het dit noodsaaklik gemaak om die program so aan te pas dat Innsbruck en ski nie volgende jaar deel van die Junie/Julie program sal wees nie.

Elke jaar is daar minder sneeu en vanjaar was daar reeds hopeloos te veel ys in die sneeu. Ons het dit geniet, maar die meeste van ons het ook gebloei.

Die hoë brandstofprys maak dat ons volgende jaar langer op plekke gaan bly en minder gaan ry.

As jy die mees opwindende tyd van jou lewe wil hê, kan jy gerus op ons April toer gaan. Ons gaan twee dae op 'n ski-oord bly en uitstekende sneeu kan gewaarborg word in April.