FOTOS VAN HEIDELBERG 08

Heidelberg het vanjaar vir die beste akkommodasie op ons toer gesorg. Boonop was daar 'n reuse jeugfees wat dinge net nog lekkerder gemaak het.

Die studentekroeg en die studente atmosfeer in hierdie pragtige Duitse stad het alles bygedra tot 'n besondere besoek.

Ongelukkig sal ons gewilde jaarlikse besoek aan Heidelberg soos die besoek aan Innsbruck, volgende jaar nie plaasvind nie as gevolg van die hoë brandstof koste.

Ekstra nagte in Londen, Parys, Nice en Rome sal egter deeglik daarvoor vergoed.

Onderweg na Heidelberg het die ouens van die geleentheid gebruik gemaak om 'n bietjie uit te rus. Die slaap posisies het gewissel van romanties tot sterwens ongemaklik.

Die ouens kon ook nie wag om hul rugby vaardighede 'n bietjie op te skerp op die veld net langs die jeughostel nie