FOTOS VAN AMSTERDAM 08

 

Ons besoek aan Amsterdam was veronderstel om 'n hoogtepunt te wees. Die twee volle dae hier was dan ook nie 'n teleurstelling nie.

Vollendam is besoek en ook elke straatjie in die stad self is deurkruis. Die museums is besoek en ons afskeidgeselligheid Dinsdagaand was soos gewoonlik, 'n hoogtepunt.

Woensdag was ons veronderstel om met KLM terug te vlieg na Suid-Afrika. Die lugdiens het ons egter op die swak moontlikste en mees blatante wyse ingeloop. Daaroor kan jy volgende week meer lees op die web blad www.klm-sucks.com wat waarskynlik teen Maandag 28 Julie sal gereed wees.

Die krisis het veroorsaak dat sommige van ons 'n ekstra week in Amsterdam moes bly. Daar was baie spanning, maar ons moes ook dinge doen om onself besig te hou. In hierdie week was 'n besoek aan Walibi-Theme Park beslis die hoogtepunt.

Die res van die foto's is geneem nadat die meeste leerders reeds terug is na Suid Afrika.

Indien KLM ons dan nie wil saamneem nie neem ons die vliegtuig self.

Ons toer se einde herinner my aan die "Dagboek van Anne Frank" omdat Anne nooit geweet het wanneer sy gevang sou word nie, kon sy nooit 'n gepaste slot hoofstuk vir haar boek skryf nie.

Omdat ons elke oggend met hoop lughawe toe gegaan het en nooit geweet het wanneer ons finaal vertrek nie, is daar ook geen finale afskeidsfoto's nie.