Temba Travel

EUROPA JIPTOER 2019

'Toer saam met die mense met 27 jaar ondervinding

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

 

 

Deur Londen by die toer uit te sluit gaan ouers in 2019, R10309 minder betaal vir die toer. Daar is ook nie ‘n visum nodig vir die Verenigde koninkryke nie. Ons sluit ook nou alle ontbyt en aandetes in en daarom spaar ouers Euro300 in sakgeld. Die toer is presies net so lank soos in die verlede, maar gaan vir ouers in totaal R16775 minder uit die sak uit jaag.

 

TOERKOSTE

Die prys van die toer beloop R41 563.00 vanaf Kaapstad of Johannesburg. Die toer kan slegs per EFT of kontant betaal word. Geen kredietkaarte sal aanvaar word nie. Die prys is onderhewig aan ʼn valuta prys van R15.43 teenoor die Euro. Indien die valuta of die vliegkaartjie verander sal die prys weer aangepas word. (enige rigting) Die finale prys sal op 01 Mei 2019 bereken word.


Hoe word die finale koste bereken? Daar word R12 500 synde die vliegtuigkaartjie en administrasie van die totaal afgetrek. = R29063. Die R29063 word dan deur die oorspronklike wisselkoers gedeel. R29063 ÷ 15.43= € 1883. Dit is die Euro bedrag vir die toer en die werklike koste van die land reëlings. Die €1883 word dan vermenigvuldig met die aankoop wisselkoers van die dag bv €1883 x 15.00 = R28245.00. Dan word die R12 500 weer bygetel. As die wisselkoers versterk na R15 sal die toer prys dus daal na R40745. Indien die wisselkoers sou verswak raak die prys natuurlik meer.

WANNEER BETAAL EK?

Die eerste deposito van R 4000-00 is betaalbaar met bespreking. 'n Verdere R4000 is betaalbaar op 1 Desember 2018. Die balans sal op 10 MEI 2019 betaalbaar wees.

WAT IS INGESLUIT BY DIE PRYS:

  • • Ekonomiese klas retoer vliegtuigkaartjie vanaf Kaapstad of Johannesburg. Let wel Lughawe belasting van +-R3000 is nie ingesluit nie.
  • • Alle vervoer soos op die program aangedui.
  • • Alle besienswaardighede, stadstoere en vaarte soos op die program aangedui as ingesluit.
  • • Akkommodasie in ʼn hostel of Chalets.
  • • Aandete en Ontbyt
  • • Een reissak.

UITGESLUIT BY DIE PRYS:

  • Visums en paspoorte. Ons sal jou behulpsaam wees met die verkryging van die visums. Jy sal egter die koste daarvan te wete, 90 Euro, moet betaal.
  • Middagetes
  • Toere nie in die program as deel van die toer genoem nie. Museumfooie en toegangsgelde wat nie ingesluit is by die program nie
  • Sakgeld: Niemand mag meer as Euro 1000 sakgeld saamneem nie en 600 is meer as voldoende
  • Versekering +- R600.
  • Lughawe belasting. Ons verwag dat dit minder as R3000 sal wees
  • Middagetes


TOER KARAKTER:

Daar is baie vrye tyd.
Akkommodasie is beslis nie luuks nie. Soms slaap tot 6 persone in een slaapsaal. Badkamers is selde binne die kamers.
Die Europese kampeerterrein is nie naastenby so skoon soos die in Suid-Afrika nie.
Daar word soms van jou verwag om te help met skottelgoed en ander klein takies.
Jy word as jong volwassene hanteer, maar enkele reëls word streng toegepas. As jy nie by die reëls soos vervat in die ooreenkoms wil hou nie, moet jy asb. nie inskryf nie.
Dit is beslis nie ʼn drinkers toer nie en Christelike norme word gehandhaaf.
Daar is verpligte uitstappies.