Briewe van toerlede en hul ouers

Ons plaas graag die briewe van toerlede en hul ouers, sonder om dit te verander. Jy kan gerus van jou laat hoor.
Andries en almal by Temba Toere

BAIE DANKIE vir 'n wonderlike, goed georganiseerde treintoer na Europa die
afgelope vakansie! Laura het dit baie geniet - en ons het geweet sy is in
veilige hande.

Tertius en Marni, baie dankie dat julle kans gesien het vir sestien dames
met rugsakke en sonder stapskoene! Dit was 'n onvergeetlike ondervinding
vir Laura - en sekerlik al die ander "girls".

Dis so goed om te weet dat daar in hierdie dikwels negatiewe tye nog
goeie, eerlike mense is wat bereid is om moeite te doen om jongmense se
lewens te verryk.

Nogmaals baie dankie! Laura se toer was 'n geskenk van haar oupa -
sekerlik die beste geskenk moontlik!

Nico en Tilla Abel
Hermanus