Temba Travel

APRIL EUROPA JIPTOER

'Toer saam met die mense met 24 jaar ondervinding

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>

April Jiptoer Tuisblad.

(Media 24, Die Burger, Beeld of Volksblad is nie betrokke by die toer nie)

Hierdie toer verskil van die Junie toer in drie belangrike opsigte.  Ons besoek n ander deel van Europa, ons ry met ‘n klein bussie en ons eet in die plekke wat ons bly of in restaurante.  Daar is ook geleentheid vir ski.

Op hierdie toer gaan ons met 3 kombis ry en ons gaan groot vryheid hê om te stop en plekke te besoek onderweg.  Die toer gaan dieselfde voordele hê as n gesinstoer, maar ook die geleentheid bied om saam jou vriende te toer.
Omdat dit n kleiner groep is, sal jy veel meer seggenskap hê in hoe ons die dinge inkleur en in wat ons doen. 
Jy gaan ook byna die helfte minder sakgeld per dag nodig hê as op die Junie toer omdat daar soveel meer ingesluit is by die program.  Voorts spaar jy R1700 net omdat jy een visum minder nodig het.

Daar is ook belangrike ooreenkomste met die Junie toer.  Daar sal verpligte uitstappies wees, en jy gaan geweldig baie vryetyd hê.  Dit gaan n leer ervaring wees, maar dit gaan ook  in n baie ontspanne atmosfeer plaasvind.
Soos met die Junie toer sal jy nooit voel dat jou Vryheid beperk word nie.   Trouens jy sal volwasse moet wees om jou baie vryetyd reg te bestuur.

Andries Erwee gaan hier ook die toerleier wees.  
Die April toer gaan nie ‘n afskeep toer wees nie. Inteendeel!  Dit gaan waarskynlik die beter toer wees.  Ons bly meestal in beter akkommodasie omdat ons goeie verhitting nodig het.  Aansienlike koste word bespaar omdat dit nie tydens die hoog seisoen plaasvind nie.  Boonop gaan die weer in Italië aansienlik beter wees as wat dit normaalweg in Julie is.  Tydens Julie kan die bitter warm word.  In die Noorde gaan dit egter koud wees.
Ons beveel aan dat jy in graad 10 tot 12 is om hierdie toer meet e maak.

Disco
Praag