LONDEN

Die vlug was lank, maar daar was darem die troos dat ons met die nuwe reuse Airbus A380 gevlieg het. Dit is regtig 'n baie "smart" vliegtuig. Selfs die aanboord storte kon nie help dat ons vrek moeg in Londen aangekom het nie. Miskien omdat ons as mede gelykes nie toegeaat is om die storte of die massages te gebruik nie

In Londen het ons eers Windsor besoek. Dit was besonder mooi, maar effens "borring", Die Koningin was by haar huis, maar sy wou nie eers vir ons tee aanbied nie. Die ou geldwolf het ons liewer geld gevra om haar huis te besoek. Dit is glo wat hoe Engelse gasvryheid werk. Ek wonder of sy ooit besef hoe ver ons gekom het om haar met ons teenwoordigheid te vereer. "Dit na alles wat ons vir haar gedoen het".

Die tweede dag in Londen was regtig lekker. Daar is geshop al waarsku die oom ook dat daar later gedrop sal word.

Sommige het verkies om liewer in die museums te leer an die meeste was mal oor die grillerige London Dungeons.

Londen is 'n groot stad en ons kuier lekker.

Ons kuier lekker of dalk te lekker in Londen. "Omstandighede" het veroorsaak dat sommige van ons vanaand vroeg bed toe is. Vandag was ook nie 'n afdag nie en as daar een ding is wat aan is is dit 'n afdag. Ons het darem iets geleer en baie gesien al was ons erg vaak.