PARYS

Ons het met die TGV vanaf Mulhouse tot in Parys gery. Die trein loop meer as 300 km per uur.

Nadat ons in Parys aangekom het, het ons eers die Opera huis, Place Vendome, die Charlotte Palace en toe die Louvre besoek waar ons onder andere die oorspronklike Mona Lisa gesien het.

Die volgende dag het ons al die ander besienswaardighede besoek en self die ou hoofstad Versailes aangedoen.

Die laaste dag was ons heeltemal vry om Parys op ons eie te verken. Die klubs is perperduur en hulle wil ook nie ons glo dat ons lankal 18 is nie. Die ete onder die Eifel toring sal egter nog lank onthou word.

Ons het lekker gekuier in Parys. die weer was uitstekend en selfs die inbraak in ons voertuig en die verlies van 'n paspoort kon die geesdrif nie demp nie.

Die ete onder die Eifel toring was 'n groot hoogtepunt. om die waarheid te sê dar was niks in die "City of Lights" wat nie 'n hoogtepunt was nie.

Stuur 'n plat foto vir die spasie asb.

 

 

Die arc de Triomf is altyd 'n gewilde foto stop.