Dankie Andries dat jy so toegewyd jou roeping uitleef om die kinders se oe oop te maak oor die wêreld onder toesig. Vrede Pietie Uys Nicolaas jy is 'n besondere jongman. Glo net in daardie uitstaande vermoëns van jou. Aerwee |
|||
Beste oom Andries Beste Lutz Aerwee |
![]() |
||
Andries,
Francois, jy is 'n besondere jong man. Jy mag stil wees, maar jou teenwoordigheid vul 'n kamer. |
|||
Baie dankie nogmaals. Jy't n blywende positiewe merk op my seun se lewe gemaak waarvoor ons jou ewig dankbaar sal wees. Hy kan nie uitgepraat raak oor jou goeie begrip en insig van hoe n kind dink nie. Ook vir al jou harde werk, tyd en moeite. Sy woorde: Mamma, ek sal nooit die woorde he om vir die oom genoeg te kan dankie se nie... Lekker rus! Hey Oom
Christiaan du Toit is links op die foto (saam met Rudu Viljoen). Christiaan is besonder intelligent en innemend. Ek het geweldig baie by hom geleer. |
|||
Dankie vir jul moeite met die toergroep, dat hul dit so kon geniet. Dankie ook vir al jul hulp om Aldene tuis te kry na paspoort episode. Alle voorspoed Aldene (middel) jy is 'n baie mooi meisie en dit is baie jammer dat jou toer kort geknip moes word deur die feit dat jy jou paspoort verloor het. |
|||
Baie dankie vir ‘n ongelooflike ervaring! Ek het dit vreeslik geniet. Dit was 3 weke wat ek vir niks sal verruil nie. Dit was als die geld werd. Ek sal die toer nooit kan vergeet nie. San-Mari Le Roux Oom Andries, Ronell, Jandre, baie dankie dat julle die toer so 'n ongelooflike ervaring gemaak het vir my.
Op die toer het ek baie lewenservaring opgedoen. Ek moes op my eie regkom en vir myself dink. Dit help jou om aan te pas daarby om onafhanklik van jou ouers ens. te wees. Ek het baie nuwe vriende gemaak wat sommer vinnig diep in my hartjie gekruip het! Ek sal hulle en die toer nooit vergeet nie! Die gees op die toer was ongelooflik en dit was lekker om met almal oor die weg te kom! Ek kon nie uitgepraat raak toe ek by die huis kom om my ouers als te vertel wat ek ervaar het nie, dit hou net nie op nie. Ek sal my ouers altyd dankbaar wees vir die fantastiese geleentheid wat hulle vir my gegee het!! Ek beveel die toer vir elke kind aan!! Liefde San-Mari le Roux
San-Mari (2 de links) jy is 'n binne en buite mooi meisie. Dit was lekker om jou te leer ken. Aerwee |
![]() |
||
ANDRIES en RONELL
Namens SANMARI en ons as OUERS wil ons baie dankie sê vir 'n besondere TEMBA TOER wat vir SANMARI haar
lewelank sal bybly in ervaring en herinnering
GROETE
Walla en Rina KOEN Sanmari dankie vir jou vriendelikheid. Jy is besonders. Aerwee |
|||
Baie dankie ve al jul opofferinge Pieter het die toer ongelooflik baie geniet Wense vir n voorpoedige jaar Thanks Marie Smit Marie julle is bevoorreg om 'n seun soos Pieter (middel) te kan hê. Dankie dat ons hom kon leen. Aerwee |
|||
Hi Oom
Ons is hard terug aarde toe geruk in die laaste 3 dae by die skool! In elke klas vind ek myself droom oor die toer, ek mis die plekke en veral die mense verskriklik baie.Ons (die Robend0n*rs) probeer regtig hard om weer op skoolwerk te konsentreer, maar dis onmoontlik! Ek is seker meeste van ons pelle is klaar moeg vir ons alewige gebabbel oor al ons wonderlike ervarings!
Dit was regtig die lekkerste tyd van my lewe en daarvoor kan ek nie genoeg dankie sê vir oom nie. Oom het dit perfek gemaak en ek dink ook oom is regtig geseënt met oom se vermoë om kinders so goed te hanteer. Ek sal al die stories, grappies en lewenslesse vir altyd onthou. Oom moet ook asb. vir Jahndré en Ronell baie dankie sê, hulle het net nog verder bygedra om die toer meer onvergeetlik te maak!
Van my vriende wat op die Junie toer kom het al baie uitgevra oor die toer en ek kon net goeie dinge sê. Ek hoop hulle is net so lekker groep wat oom dalk nog meer kan motiveer om aan te gaan met die toere vir so lank as moontlik, want ek dink daar word van elke persoon wat die voorreg het om so 'n toer by te woon 'n beter mens gemaak.
Sterkte aan oom en die hele span met die wonderlike werk. Ek wil regtig probeer in kontak bly met oom en hoor hoe dit gaan.
Weereens dankie vir alles en groete van Regardt en al die Mullers. Regardt jou volwasse optrede maak jou 'n wenner. Jy staan werklik uit en ek glo jy gaan nog baie in die wêreld bereik. ANDRIES
ONS IS SO DANKBAAR VIR DIE GELEENTHEID WAT REGARDT KON Hê OM SAAM MET JOU EN JOU SPAN 'N ONVERGEETLIKE TOER TE KON MEEMAAK.BAIE DANKIE VIR DIE KOSBARE LEWENSLESSE, ERVARINGS EN HERHINNERINGE WAT REGARDT VIR DIE RES VAN SY LEWE IN SY HART KAN KOESTER.HY BESKOU DIE TOER AS 'N HOOGTEPUNT IN SY LEWE WAARVOOR ONS VIR JOU BAIE DANKBAAR IS.DANKIE VIR DIT WAT JY IN ONS KINDERS SE LEWENS GESAAI HET!!LEKKER RUS. GROETE JOHAN EN ELDA MüLLER VAN ROBERTSON
|
|||
Oom baie dankie vir 'n wonderlike toer!
Marga, jy is 'n pragtige meisie, wat nog baie in die lewe gaan bereik. Hou aan om in jouself te glo! |
|||
Hello Oom |
|||
Hallo Oom Ek tik hierdie brief met groot verlange in my hart en hartseer dat die tyd nie terug gedraai kan word nie. Die boodskap is dstadig besig om in te sink en dit waarvoor almal so lank gewag het is in 'n oogknip verby. Gelukkig is daar 'n klomp wonderlikke herinneringe en 'n paar mense wat nooit die toer sal laat vergeet nie. Oom is onder andere een van daardie mense. Ek wil maar net vir oom dankie sê vir wat oom vir ons moontlik gemaak het, asook vir alles wat oom vir ons geleer het. Ek het so baie geleer by oom en ek gaan verewig dankbaar wees daarvoor. Dankie vir alles en ek hoop dit gaan baie goed met oom in die toekoms. Emile Chantler Emile my geselsies met jou was besonder interessant en lekker. Aerwee (Emile is regs)
|
|||
Hallo oom
Dit is 'n groot voorreg om op 'n toer te gaan met toerleiers soos Oom, Ronel en Jandre, 'n toer is net so goed soos sy leiers.Dit was vir my 'n fantastiese ervaring wat ek nooit sal vergeet nie.
Die toer was een van die lekkerste tye van my lewe en ook een van die beste besluite wat ek sover geneem het. Dit is onvergeetlike tye op die toer wat sal maak dat ek nooit ophou praat daarvan nie.
Baie dankie vir al die vrye tyd op die toer. Om die treine en busse te verstaan was 'n ervaring op sy eie.
Nogmaals baie dankie
Mari Kitshoff
Hi Andries
Ons wil net baie dankie sê vir die geleenthede wat jy die afgelope maand vir ons kinders en veral ook vir Mari geskep het, iets wat ons as jongmense net van gedroom het!. As ek luister na al die stories, moes dit 'n ongelooflike ervaring vir hulle gewees het.
Dankie ook dat ons vir haar met 'n geruste hart aan julle kon toevertrou en nooit enige bekommernisse hoef te gehad het nie.
Sterkte met julle beplanning vorentoe en ons hoop dat daar nog sommer baie jongmense die geleentheid sal kry om in die ervaring te deel.
Johan en Danine Kitshoff
Mari, dankie vir jou positiewe geaardheid. Jy is stil, maar ongelooflik skerp. Gebruik dit tot jou voordeel in die toekoms |
|||
Beste Andries Heidi se woorde beskryf die toer : “AMAZING, AMAZING, AMAZING!!” Heidi, dankie vir jou bydrae op die toer. Jou borrelende persoonlikheid is aansteeklik. |
|||
Dit was 'n "awesome" ervaring wat ek nooit sal vergeet nie! Elke tiener
behoort te gaan, want waar anders sal jy saam met Lance Armstrong voor in
die bondel klaarmaak (al is dit dan net in Madam Tussauds!), of sulke
wonderlike vriendskappe ervaar... Switzerland en Frankryk was regtig Mia Fourie |
|||
Baie dankie vir 'n wonderlike toer. Michelle het dit vreeslik geniet. Haar
hoogtepunt was die ski in Lucerne maar die ete by die Eiffel toring was
besonders. Michelle, dankie vir wie jy is. Jy staan vas op jou waardes en dit is altyd 'n goeie kwaliteit om te hê.
|
|||
"Ek sien nie net die toer as 'n ondervinding van 'n leeftyd nie, maar ook as 'n baie opvoedkundige toer wat jou baie leer oor 'n ander wêreld daar buite. Dit was 'n belewins wat ek nooit sal vergeet nie, en jy maak vriende wat jy in normale toestande nie sou leerken het nie. Dankie vir als wat oom ons gebied en geleer het." Jaco Gouws Jaco jy is 'n besondere seun. Jy is 'n leier en as jy dit glo kan jy baie bydra tot 'n beter wêreld. Aerwee |
|||
Beste Andries
Eerder laat as nooit! Kan nie glo die kwartaal is al so lank aan die gang.
Andries, ek wil namens ons as ouers en Csilla vir jou BAIE DANKIE se vir 'n wonderlike toer wat ons kind kon meemaak. Dit was vir haar ongelooflik lekker en ek dink 'n wonderlike ondervinding om 'n bietjie op eie houtjie te toer. Tog altyd so maklik om uit Pa en Ma se beursies te leef en agterna te stap.
Dankie ook vir die moeite met Csilla se optel in Rome en jammer vir die misverstand. Ook vir al die moeite voorafgaande.
Groete
Emily Sebestény Csilla jy is 'n besondere meisie. Jy is altyd vriendelik en jou lewenslus is aansteeklik.
|
![]() |
||
Hi Oom Wil net vir oom ongelooflik baie dankie sê vir ‘n onvergeetlike toer. Ek mis almal al klaar verskriklik baie. Die 3 weke het letterlik verby gevlieg, kan nou nog nie glo dis al verby nie. Ons het almal baie geleer, baie gelag en baie nuwe pelle gemaak. Dankie vir al oom se geduld met ons en al oom se harde werk. Dit is ‘n toer wat ek nooit gaan vergeet nie en defnintief ‘n toer wat my ‘n ander uitkyk oor die lewe gegee het. Voorspoed met al die toere wat voorlê. Lizahn van Eeden ANDRIES`BAIE DANKIE VIR SO BAIE! LIZAHN KAN NIE UITGEPRAAT RAAK OOR ALLES NIE EN VERAL OOR HOE “SPECIAL” DIE OOM IS NIE. DIE OOM IS SO COOL EN MAAK DIE LEKKERSTE KOS!!!! WEET NET DAT ONS GEWELDIGE WAARDERING HET, WANT DIT WAT JY OPOFFER KAN NIE MET GELD BETAAL WORD NIE!! DIRK EN ESSIE VAN EEDEN (LIZAHN VAN EEDEN SE OUERS) ROBERTSON |
|||