LONDON

Londen is altyd 'n hoogtepunt en wanneer die weer saamspeel soos vanjaar is dinge soveel beter. Ons kuier regtig lekke. Ons akkommodasie is die beste wat ons nog in Londen ervaar het en die gemak waarmee almal kan rond beweeg maak dinge nog beter.

By Madame Tussuads het ons gesellig verkeer saam met ander beroemdes en by Westminister, The Towe of London het ons Geskiedenis ervaar. Ongelukkig was die Koningin nie daar toe ons tee gesoek het nie en Prins William wou ook nie aandag gee aan ons baier mooi meisies nie.