UITERS BELANGRIK
As ouer, neem kennis dat Temba Kollege BK en die toerleiers se verantwoordelikheid teenoor my kind stop indien hy of sy in hegtenis geneem sou word, ongeag die uitspraak van ʼn moontlike hofsaak, die oomblik dat die inhegtenisname plaasvind en die toerleier redelike stappe geneem het om my van sodanige inhegtensname sou in kennis stel.
As toerlid onderneem ek om myself aan die volgende reëlings te onderwerp en as ouer verstaan ek dat Temba Kollege BK en die toerleiers se verantwoordelikheid teenoor my kind beeïndig kan word indien hy of sy enige deel van die ooreenkoms verbreek.
Alkohol:
- Geen spiritualië (vodka, brandewyn, tequilla ens.) mag op die toer gebruik word nie. Jy sal wel toegelaat word om bier, breezers en natuurlike wyn op beperkte skaal te gebruik.
- Geen alkohol sal in kamers of in die bus toegelaat word nie en niemand sal enige alkohol gedurende die dag gebruik nie.
- Geen persoon sal toegelaat word om die landswette i.d.v. te oortree nie. As jou ouderdom nie 18 vir Londen of 16 in Europa of 21 in Switserland is nie, sal jy nie toegelaat word om alkohol te gebruik nie.
- Geen tiener sal ooit dronk wees nie en daar sal beslis opgetree word teen oortreders.
Rook: Ons ontmoedig die gewoonte.
- Geen toerlede sal ooit in voertuie, kamers of geboue rook nie. Selfs al word dit nie deur die wet verbied nie.
- Geen toerlede sal toegelaat word om te rook wanneer daar in toue gewag word of in bondels gestaan word nie.
- Geen toerlede sal tydens etenstye rook nie.
- Toerlede onder die ouderdom van 16 word daarop gewys dat dit nêrens wettig is vir persone onder 16 om te rook nie.
- Tieners word versoek om nie in die teenwoordigheid van volwassenes of selfs maats te rook indien dit vir sodanige maat ʼn verleentheid kan skep nie.
Algemeen:
- Slaaptyd is op die laatste 24:00.
- Bedags is ons aktief besig in die plekke wat ons besoek en ons gaan nie in kamers rondlê nie.
- Seuns en dogters sal nie toegelaat word om kamers te deel nie.
- Geen persone sal toegelaat word om saam met vreemdes uit te gaan nie en vreemdes sal nie in ons kamers toegelaat word nie.
- Die toerleier onderneem om so min moontlik die bus se mikrofoon te gebruik en die toerlede onderneem om aandag te gee as hy dit wel doen.
As ouer verstaan ek dat Temba Reise en die toerleier se verantwoordelikheid teenoor my kind beëindig sal word die oomblik wat hy of sy met dwelms insluitende dagga betrap word of daarvan gebruik maak. Die toerleier sal “volgens oorwig van getuies” handel en sal nie nodig hê “om bo alle redelike twyfel” die saak te bewys nie.
Ons verwag van die toerleier om verantwoordelik en billik op te tree. Ons vrywaar hom en Temba Reise van enige eis wat mag voortspruit uit optrede wat nie direk aan die firma of die toerleier se persoonlike nalatigheid te wyte is nie.
Hiermee verklaar ons dat ons bogenoemde gelees het, dit aanvaar en ons daartoe verbind het. Persone wat van voorneme is om die toer te ontwrig deur die ooreenkoms te verbreek, nie aandag te gee as daar gepraat word nie, of voortdurend laat te kom word vriendelik versoek om nie in te skryf nie. Ons aanvaar ook dat sulke optrede Temba Kollege BK en die toerleier van alle verantwoordelikheid teenoor bogenoemde toerlid onthef.
BETALINGSOPSIE EN INSKRYWINGSVORM
Na Europa trein toer tuisblad.
STUUR E.POS |