Saterdag 24 Maart- Parys, Jeughostel: Ons steek die Engelsekanaal oor tot in die pragtige Parys waar ons drie nagte gaan oorbly. Ons vertrek om 10:55 en arriveer om 17:01. Ontbyt en aandete ingesluit.
Sondag 25 Maart - Parys: Et aujourd’hui. Bonjour paris! Vanoggend besoek ons Versailles en later ander besienswaardighede. ʼn Stadstoer deur skone Parys neem jou na wêreldbekende besienswaardighede soos die Notre Dame-kerk, Gustav Eiffel se toring, die Seine-rivier, en nog vele meer. Begroot ʼn maksimum van Euro 10 as jy tot bo op die Eiffeltoring wil gaan en Euro 4 vir treinkaartjies. Ontbyt en aandete ingesluit. Die ete onder die Eiffeltoring is altyd 'n hoogtepunt.
Maandag 26 Maart - Parys: Parys is ‘n groot en indrukwekkende stad. Daarom bly ons drie nagte hier om alles te sien en te ervaar. Begroot 4 Euro vir treine. Ontbyt en aandete ingesluit . MEER PARYS FOTO'S
Dinsdag 27 Maart – Lucerne Jeughostel: Vandag ry ons met die wêreld se vinigste trein tot in Mulhouse en vandaar na Lucerne met 'n plaaslike trein. Ons arriveer om 19:35 in Lucerne. Ontbyt en aandete ingesluit
Woensdag 28 tot Saterdag 31 Maart - Engelberg Ons vertrek sak en pak na Engelberg 'n bekende ski-oord in Switserland waar ons Suid-Afrikaners die Switsers gaan leer ski. Om te ski kos +- 50 Switserse Frank. Vir die wat nie waaghalsig is nie, is daar sneeu slees te huur. Dit kos goedkoper en is beslis veiliger. Vanmiddag is jy vry om ʼn bietjie uit te vind of Switserland se sjokolade regtig so lekker is soos almal sê. Ontbyt en aandete ingesluit. MEER LUCERNE FOTO'S
Son 1 Apr en Maan 2 April- Engelberg tot Venesië: Ons kampeerterrein is ‘n paradys vir jongmense. Ons doen ‘n stadstoer (te voet) van Venesië. O sole mio - ‘n romantiese rit in ‘n Gondola is opsioneel. Vanmiddag is jy vry om al die gangetjies en stegies van Venesië te verken.
Wanneer daar nie wind is nie kan die muskiete deksels lastig wees in Veneisië. Onthou om voorsorg te tref.
Dins 3 en Woens 4 Jul - Florence: Die leunende toring van Pisa stel ons aan Tuscany land van pizza, per piacere bekend! Later ry ons terug na Florence, die wêreld se kuns-hoofstad.
Al hou jy nie van kuns nie, gaan Florence ‘n pad met jou stap, want hier sien jy die wêreld se heel beste. Jy is heeldag vry om die stad op jou eie te verken.
Die dag in Florence is een van die rustigstes op die toer. Florence is nie so groot soos bv. Rome, Parys, Londen en Amsterdam nie, maar die besoek aan die museums die Uffizi en Akademia is ingesluit.
Don 4 Apr en Vrydag 5 April: Vandag neem die treine ons Suid na Napels. Hierdie stad is langs die pragtige baai van Napels geleë en die stad bied ook besonder baie unieke en mooi besienswaardighede. Ons besoek die bekende Island of Capri waar jy ook 'n opsionele besoek aan die bekende blougtotte kan bring. Die hele besoek aan Napels is 'n eerste op hierdie toer en beloof om heelwat waarde toe te voeg.
Woens 6 April- Rome: Italië is die landvan pizza, per piacere. Ons verblyf is baie sentraal en ons gaan met die trein daarheen. Rome is ʼn groot stad met baie besienswaardighede.
Vandag besoek ons die Vatikaanstad en die St Peters Basilika die wêreld se grootste en dalk ook mooiste kerk. Daar sal ook genoeg tyd wees om die Sistynse Kapel te bewonder terwyl ek beslis vanaand ʼn bietjie van die Romantiese atmosfeer by die Spaanse trappe en die Trevi Fonteine gaan opsoek. Sistyns Kapel kos Euro 10. Ontbyt en aandete ingesluit
Donderdag 6 April - Rome: Vanoggend besoek ons Die Romeinse baddens, Die Colosseum, Victor Emmanuel Monument, Piazza Navonna en die Pantheon. (Die res van die tyd is jy vry om al die antieke wonders en ander opwindende plekke te besoek of inkopies te doen.) Ontbyt en aandete ingesluit.
Vrydag 7 April - Rome: Ons laaste dag in Rome om inkopies te doen en die besienswaardighede te besoek waarvoor ons nog nie tyd gehad het nie. Ontbyt en aandete ingesluit. Begroot Euro 4 vir metro. MEER ROME FOTO'S
Saterdag 9 April: Ons vertrek om 16h00 vanaf Rome en vlieg via Dubai na Suid-Afrika.
Sondag 10 April: Ons arriveer om 06:25 in Dubai en vertrek vandaar om 08:35 met vlug EK 770 na Suid-Afrika. Oos, Wes, tuis bes? Ons arriveer om 16:30 in Kaapstad met ʼn kop vol drome en ʼn hart vol herinneringe aan ʼn onvergeetlike ervaring