INSKRYWINGSVORM –EUROPA APRIL 2011 Toerlid Naam:.........................................................Van:.........……............................……………… Noemnaam.................................................Gebore: dddd/mmmm/yyyy Geslag:................... Skool: ............................................................................................. Gr in 2011:.............. HUISADRES: ................................................................................................................... Dorp/stad .................................................... Poskode ....................... POSADRES:............................................................Dorp/Stad ......................................... Poskode............... Toerlid Selfoon Nr.................................................................................. E-Mail: (Skryf dit in 8 mm hoofletters asb. Ek weet dit moet in klein letters wees, maar ek moet dit kan lees.) ........................................................................................................................................ Huis Tel Code:............... Nr....................................... Faks nr ........................................... Ouers se besonderhede: Pa titel .............. Van........................................... Naam................................................... Pa se selfoon nr. .............................................................................................................. Ma se titel ..........Van .......................................... Naam .................................................. Ma se selfoon nr. ............................................................................................................. As jy nie ‘n paspoort het nie, of as jou paspoort voor Oktober 2011 verval, moet jy dadelik vir een aansoek doen. In so ‘n geval moet jy die vorm terug stuur sonder die paspoort inligting. Paspoort nr…………............................................…………… Datum waarop paspoort uitgereik is ………………….…………. Verval Datum………………...................................…………… Toerlid se ID nommer ……………...................................…… UITERS BELANGRIK: Ouers is verantwoordelik om toe te sien dat hul kinders hierdie dokument lees en verstaan voordat hulle dit teken. Indien Temba College BK die toer sou kanselleer vir watter rede ook al verwag ek alle betalings insluitende die aanvanklike deposito van R2000 terug. Ek verwag van Temba College BK om die fondse aan te wend vir die toer na Europa waarvan die program aan my verskaf is en wat op 26 Maart 2011 begin en wat op 11 April 2011 eindig. ʼn Finale program moet aan my voorsien word vir goedkeuring nie later as 10 Februarie 2011 nie. Ek verwag van Temba College BK en sy werknemers om redelik op te tree teenoor my kind en sy of haar welstand in ag te neem en te beskerm tydens die toer. As uitgangspunt sal Christelike waardes as riglyn dien in die verband. Ons neem kennis en aanvaar dat vanweë ʼn gebrek aan ruimte en geriewe Temba College BK nie voorsiening kan maak vir spesiale etes soos vegetariërs, diabetes, halaal of enige spesiale voorkeure nie. Enige foto’s wat gedurende die toer van my geneem is of waarop ek verskyn, kan sonder my goedkeuring gepubliseer word en ek sal ook nie geregtig wees op betaling daarvoor nie. As ouer, neem ek kennis dat Temba College BK en die toerleiers se verantwoordelikheid teenoor my kind stop indien hy of sy in hegtenis geneem sou word ongeag die uitspraak van ʼn moontlike hofsaak, die oomblik wat die inhegtenisname plaasvind en die toerleier redelike stappe geneem het om my van sodanige inhegtensname in kennis te stel. As Toerlid onderneem ek om myself aan die volgende reëlings te onderwerp en as ouer verstaan ek dat Temba College BK en die toerleiers se verantwoordelikheid teenoor my kind beeïndig kan word indien hy of sy enige deel van die ooreenkoms verbreek. Alkohol:
Rook: Ons ontmoedig die gewoonte.
Algemeen:
As ouer verstaan ek dat Temba Reise en die toerleier se verantwoordelikheid teenoor my kind beëindig sal word die oomblik wat hy of sy met dwelms insluitende dagga betrap word of daarvan gebruik maak. Die toerleier sal “volgens oorwig van getuies” handel en sal nie nodig hê “om bo alle redelike twyfel” die saak te bewys nie. Ons verwag van die toerleier om verantwoordelik en billik op te tree. Ons vrywaar hom en Temba Reise van enige eis wat mag voortspruit uit optrede wat nie direk aan die firma of die toerleier se persoonlike nalatigheid te wyte is nie. Hiermee verklaar ons dat ons bogenoemde gelees het, dit aanvaar en ons daartoe verbind het. Persone wat van voorneme is om die toer te ontwrig deur die ooreenkoms te verbreek, nie aandag te gee as daar gepraat word nie, of voortdurend laat te kom word vriendelik versoek om nie in te skryf nie. Ons aanvaar ook dat sulke optrede Temba College BK en die toerleier van alle verantwoordelikheid teenoor bogenoemde toerlid onthef. Handtekening van toerlid ................................................................................................. Handtekening van ouer of voog ....................................................................................... Bank besonderhede: |